Richmond, Virginië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Richmond
Collage of Landmarks in Richmond, Virginia v 1.jpg

Kaart Wapen
Map of Virginia highlighting Richmond City.svg
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of Richmond, Virginia.svg
 Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
 Deelstaat Flag of Virginia.svg Virginië
 Koördinate 37°32′N 77°28′W
 Stigting 1737
 Geïnkorporeer op 1780
 Oppervlakte:  
 - Totaal 162 vk km
 Hoogte bo seevlak 45,7 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 211 172
 - Bevolkingsdigtheid 1 318,4/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 231 980
 Tydsone EST (UTC -5)
 Somertyd EDT (UTC -4)
 Burgemeester Dwight Clinton Jones
 Amptelike Webwerf ci.richmond.va.us

Richmond is die hoofstad van die deelstaat Virginië. Die stad is langs die Jamesrivier geleë, sowat 160km suid van Washington, D.C.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste blanke besoekers was kapteins Christopher Newport en John Smith en hulle gevolg, slegs twee weke nadat hulle by Jamestown gearriveer het in 1607. Kaptein Francis West het hier 'n fort gebou gedurende 1609 maar na probleme met die Indiane word dit ontruim. Eers in 1637 het Thomas Stegg hier weer 'n handelspos gestig. Na die slagting van die Indiane in 1644 is Fort Charles gebou om die handeslpos te beskerm.

Onder Thomas Stegg se seun se leiding ontwikkel die handelspos na 'n handelssentrum wat onder andere in tabak, pels en ander kommoditeite handel dryf. Stegg junior laat alles na aan sy neef William Byrd en die handelssentrum staan bekend as Byrd's Warehouse. Byrd se seun, William Byrd II, stel in 1733 voor dat 'n dorp hier gebou word. Die dorp word uitgelê deur Majoor William Mayo in 1737 en word vernoem na Richmond on the Thames in Engeland. In 1742 word die dorp geproklameer en in 1779 word dit die hoofstad van Virginië.

Amerikaanse Burgeroorlog[wysig]

Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog was Richmond die hoofstad van die Gekonfedereerde State van Amerika.

Ekonomie[wysig]

Tabakvervaardiging is by verre die grootste industrie in Richmond en verskeie sigaret-handelsname is hier gevestig.

Bron[wysig]

  • Collier's Encyclopedia Vol. 20 Bladsy 80.


Vlag van die Verenigde State Hoofstede van die Verenigde State Seël van die Verenigde State
Hoofstede AlbanyAnnapolisAtlantaAugustaAustinBaton RougeBismarckBoiseBostonCarson CityCharlestonCheyenneColumbiaColumbusConcordDenverDes MoinesDoverFrankfortHarrisburgHartfordHelenaHonoluluIndianapolisJacksonJefferson CityJuneauLansingLincolnLittle RockMadisonMontgomeryMontpelierNashvilleOklahoma CityOlympiaPhoenixPierreProvidenceRaleighRichmondSacramentoSaint PaulSalemSalt Lake CitySanta FeSpringfieldTallahasseeTopekaTrenton