Rolls-Royce plc

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rolls-Royce Holdings plc
Rolls-royce.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1906 (as Rolls-Royce Limited)
1987 (as Rolls-Royce plc)
Mei 2003 (as Rolls-Royce Group plc)[1]
Hoofkantoor Londen, Verenigde Koninkryk
Sleutelpersone Ian Davis (hoof uitvoerende beampte)
John Rishton (voorsitter van die Raad)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Lugvaart en verdediging
Produkte Burgerlike en militêre vliegtuigenjins, voertuig en tenkenjins, skipenjins, turbines en kragopwekkers
Inkomste £15,505 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste £1,831 miljard[2] (2013)
Netto inkomste £1,325 miljard[2] (2013)
Werknemers 55 000[3] (2014)
Webwerf rolls-royce.com

Rolls-Royce word sedert 2000 100% deur BMW beheer.

Rolls-Royce plc (Engels: "Rolls-Royce Public limited company") is 'n Britse vervaardiger van vliegtuigenjins, die tweede grootste in die wêreld, na General Electric Lugvaart. Die firma het belange in die siviele, militêre, mariene en energiemarksektore.

Rolls-Royce is in 1971 genasionaliseer. Teen hierdie tyd was die vliegtuigenjins al die belangrikste deel van die besigheid. Die motorvoertuigfirma is in 1973 onafhanklik verklaar en die huidige Rolls-Royce Bpk. is in 1987 geherprivatiseer. Rolls-Royce is, deur sy militêre vliegtuigafdeling, die wêreld se 16de grootste weermagkontrakteur.[4] Lugmagvliegtuigonderdeelverkope het 21% van die groep se verkope uitgemaak in 2005, siviele vliegtuigonderdele het 53% uitgemaak, die mariene gedeelte was 17% en die energiekant was 8%.[5]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Rolls-Royce plc history
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) rolls-royce.com: Preliminary Results 2013, besoek op 12 April 2014.
  3. (en) Rolls Royce: Working for us
  4. "Top 100 Defense Contractors 2007"
  5. Rolls-Royce (2005) Rolls-Royce Annual Report 2005