Rutte I-kabinet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Rutte-kabinet)
Spring na: navigasie, soek
Die Rutte I-kabinet
Die drie politieke leiers: Maxime Verhagen (CDA), Mark Rutte (VVD) en Geert Wilders (PVV)

Die Rutte I-kabinet was 'n Nederlandse kabinet wat op 14 Oktober 2010 aangetree het, met as Eerste Minister Mark Rutte (VVD). Die kabinet het bestaan tot 5 November 2012.

Die Rutte I-kabinet wil die immigrasie beperk, die veiligheid verbeter en baie besuinig. Van 2010 tot 2014 wil die kabinet agtien miljard Euro van die begroting verminder.

Die Rutte I-kabinet vorm 'n minderheidskabinet van die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) met die christen-demokratiese Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders word die kabinet in die parlement amptelik gesteun, maar die PVV dra geen verantwoordelikheid vir haar besluite. Die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) steun die kabinet on-amptelik ook. Die VVD en CDA beschik oor 52 setels in die Tweede Kamer, met die PVV oor 76 setels en met die SGP oor 78 setels. In die Eerste Kamer beschik die kabinet oor 37 setels (dit is inklusief die PVV) en met die SGP oor 38 setels. Hiermee het die kabinet in beide Kamers 'n - baie klein - meerderheid.

Kabinetslede[wysig]

Die Rutte I-kabinet tel twintig lede, tien van die VVD-party en tien van die CDA-party:

Twaalf ministers, ses van die VVD-party en ses van die CDA-party:
Portefeulje Minister Party Foto
Eerste Minister Mark Rutte VVD Mark-rutte-portret.jpg
Binnelandse sake Liesbeth Spies (tot 16 Desember 2011 Piet Hein Donner) CDA Liesbeth Spies.JPG
Buitelandse sake Uri Rosenthal VVD Uri-rosenthal-portret.jpg
Ekonomiese sake, landbou en innovasie Maxime Verhagen CDA Maxime-verhagen-portret.jpg
Finansies Jan Kees de Jager CDA Jan-kees-de-jager-portret.jpg
Immigrasie en asiel Gerd Leers CDA Gerd-leers-portret.jpg
Infrastruktuur en omgewingsake Melanie Schultz van Haegen VVD Melanie-schultz-van-haegen-maas-geesteranus-portret.jpg
Onderwys, kultuur en wetenskap Marja van Bijsterveldt CDA Marja-van-bijsterveldt-potret.jpg
Sosiale sake en werkgeleenthede Henk Kamp VVD Henk-kamp-portret.jpg
Veiligheid en justisie Ivo Opstelten VVD Ivo-opstelten-portret.jpg
Verdediging Hans Hillen CDA Hans-hillen portret.jpg
Volksgesondheid, welsyn en sport Edith Schippers VVD Edith-schippers portret.jpg


Agt staatssekretarisse, vier van die VVD-party en vier van die CDA-party:
Portefeulje Staatssekretaris Party Foto
Buitelandse sake Ben Knapen CDA Ben-knapen-portret.jpg
Ekonomiese sake, landbou en innovasie Henk Bleker CDA Henk-bleker-portret.jpg
Finansies Frans Weekers VVD Frans-weekers-portret.jpg
Infrastruktuur en omgewingsake Joop Atsma CDA Joop-atsma-portret.jpg
Onderwys, kultuur en wetenskap Halbe Zijlstra VVD Halbe-zijlstra-portret.jpg
Sosiale sake en werkgeleenthede Paul de Krom VVD Paul-de-krom-portret.jpg
Veiligheid en justisie Fred Teeven VVD Fred-teeven-portret.jpg
Volksgesondheid, welsyn en sport Marlies Veldhuijzen van Zanten CDA Marlies-veldhuijzen-van-zanten-hyllner-potret.jpg

Bronne[wysig]

  • Nederlandstalige Wikipedia

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Voorafgegaan deur:
Balkenende IV-kabinet
Rutte I-kabinet
2010-2012
Opgevolg deur:
Rutte II-kabinet