Mark Rutte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mark Rutte
Mark Rutte

Eerste Minister van Nederland
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
14 Oktober 2010
Vise Lodewijk Asscher
Monarg Beatrix
Willem-Alexander
Voorafgegaan deur Jan Peter Balkenende

Leier van die VVD
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
31 Mei 2006
Voorafgegaan deur Jozias van Aartsen

Staatsekretaris van Onderwys, Kultuur en Wetenskap
Ampstermyn
17 Junie 2004 – 27 Junie 2006
Eerste Minister Jan Peter Balkenende
Voorafgegaan deur Annette Nijs
Opgevolg deur Bruno Bruins

Staatsekretaris van Sosiale Sake en Arbeid
Ampstermyn
22 Julie 2002 – 17 Junie 2004
Eerste Minister Jan Peter Balkenende
Voorafgegaan deur Hans Hoogervorst
Opgevolg deur Henk van Hoof

Lid van die Huis van Verteenwoordigers
Ampstermyn
20 September 2012 – 5 November 2012
Ampstermyn
28 Junie 2006 – 14 Oktober 2010
Ampstermyn
30 Januarie 2003 – 27 Mei 2003

Persoonlike besonderhede
Geboorte 14 Februarie 1967 (1967-02-14) (47 jaar oud)
Den Haag, Nederland
Politieke party VDD
Alma Mater Leiden Universiteit
International Institute for Management Development
Religie Protestantisme
Handtekening Accession Treaty 2011 Mark Rutte signature.svg

Mark Rutte (gebore 14 Februarie 1967 in Den Haag) is 'n Nederlandse politikus van die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), 'n liberale politieke party. Sedert 31 Mei 2006 is hy die partyleier en sedert 14 Oktober 2010 ook die Eerste Minister van Nederland.

Van 2002 tot 2004 was hy staatssekretaris van Sosiale Sake in die Balkenende I-kabinet en die Balkenende II-kabinet en van 2004 tot 2006 staatssekretaris van Onderwys in die Balkenende II-kabinet. In 2003 en van 2006 tot 2010 was hy 'n lid van die Tweede Kamer, van 2003 tot 2006 ook as parlementêre verteenwoordiger van die VVD-groep.

Rutte het geskiedenis aan die Universiteit Leiden gestudeer. Van 1988 tot 1991 was hy die voorsitter van die JOVD, die liberale jeugorganisasie. Van 1992 tot 2002 het hy as personeelsdirekteur by Unilever gewerk. Hy is nie getroud nie en lid van die Protestantse Kerk in Nederland (PKN).

Rutte-kabinette[wysig]

Rutte het van 2010 tot 2012 'n minderheidskabinet gelei van sy party met die Christen-Demokratiese Appèl (CDA), wat deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders gesteun werd. Die Rutte I-kabinet wil tot 2014 agtien miljard Euro bespaar op die begroting, immigrasie beperk en veiligheid verbeter.

Sedert 2012 lei Rutte die Rutte II-kabinet van VVD en Party van die Arbeid (PvdA).

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Jan Peter Balkenende
Eerste minister van Nederland
2010-nou
Opgevolg deur:
...