Sishen-Saldanha Spoorlyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Sishen-Saldanha Spoorlyn is gebou as 'n swaarvrag spoorlyn om ystererts van die myne by Sishen na Saldanhahawe te vervoer. Die lengte van die spoorlyn is 861km. Die spoorlyn is in 1976 voltooi. Die spoorlyn is geëlektrifiseerd en word bedryf as 'n 50 kV wisselstroom spoorlyn.

'n Kombinasie van diesel-elektriese eenhede trek treine met tot 216 trokke met kapasiteit van 85-100 ton. Die kapasiteit van die spoorlyn was na indienstelling 18 miljoen ton per jaar. Na 'n opgraderingsprojek is die kapasiteit tans 41 miljoen ton per jaar. Daar is tans ook 'n Omgewings Impak Studie (OIS) aan die gang om die kapasiteit na 95 miljoen per jaar te vergroot. [1] Gedurende die week van 16 Julie 2009 is 'n rekord 919 000 ton ystererts vervoer tussen Sishen en Saldanha.[2]

Roete van spoorlyn[wysig]

Die spoorlyn begin by Sishen in die Noord-Kaap en gaan dan suidoos. Dit kruis die N14 en hou steeds suidoos. Dit roete hou noord van die Langberg verby en kruis die N10 nasionale pad net noord van Groblershoop. Suidoos van Groblershoop kruis dit die hoofspoorlyn vanaf De Aar wat Namibië toe gaan by 'n nedersetting met die naam van Kleinbegin.

Hiervandaan hou die roete suidoos deur die Boesmanland. Dit gaan net noord van Kenhardt en die Grootvloerpan verby, deur die Bokkeveldberg tot in Namakwaland. Die roete hou nog steeds suidoos, oor die N7 nasionale pad, tot in die Olifantsriviervallei. Dit gaan noord verby Vredendal, kruis die Olifantsrivier en swaai suid.

Nou hou die roete parrallel met die Weskus, verby Lambertsbaai, Elandsbaai, Laaiplek, waar die Bergrivier gekruis word, tot by Saldanha. By Elandsbaai gaan die spoorlyn deur die Bobbejaansberg tonnel.

Panorama van 'n erts-trein op die Sishen-Saldanha spoor.
Panorama van 'n erts-trein op die Sishen-Saldanha spoor.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. www.transnet.co.za
  2. Beeld 16 Julie 2009