Vredendal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vredendal
Vredendal se middedorp word oorheers deur die NG moedergemeente.
Vredendal se middedorp word oorheers deur die NG moedergemeente.
Ligging van Vredendal op 'n kaart (Wes-Kaap)
Vredendal
Vredendal
Koördinate: 31°39′52″S 18°30′22″O Koördinate: 31°39′52″S 18°30′22″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Plaaslike Munisipaliteit Matzikama
Oppervlak
 - Dorp 23,08 km²  (8,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 18 170
 - Digtheid 790/km² (2 046,1/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8160
Skakelkode(s) 027

Vredendal is een van die jongste en dus ook modernste dorpe in die Noordweste en ook een van die snel groeiendste.

Ligging[wysig]

Die dorp is 322 km noord van Kaapstad aan die spoorlyn na Bitterfontein en langs die Olifantsrivier geleë. Dit val binne die Olifantsrivier-besproeiingsgebied. Vanrhynsdorp en Klawer is elk 24 km per pad van die dorp geleë en Lutzville ietwat verder.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die besproeiingskema wat hier gebou is. Dit is vroeg in 1945 as dorp gestig en het munisipale status eers op 1 Maart 1963 verkry. Ingevolge die huidige munisipale bedeling is Vredendal deel van die munisipaliteit Matzikama, waarvan dit die setel is.

NG gemeente[wysig]

Die gemeente is op 13 November 1933 onder die naam Olifantsrivier met 1 000 lede van Vanrhynsdorp afgestig. Die gemeente het aanvanklik swaargekry, omdat die nedersetters van die skema noustrop getrek het. Dienste op Vredendal is eers in 'n klein skoolgeboutjie gehou. Vir Nagmaaldienste moes die kerkgangers in die oopte onder 'n bloekombos byeenkom. Die eerste predikant was ds. P.F. Greyling. Die gedeelte van die gemeente wat aanvanklik as Neersetting bekendgestaan het, is in 1937 as Lutzville afgestig. In 1940 besluit die Sinode om die naam van die gemeente Olifantsrivier na Vredendal te verander. Die huidige kerkgebou is op 23 September 1950 ingewy, sonder skuld. Die NG gemeente Klawer het in 1949 hoofsaaklik van die NG gemeente Vanrhynsdorp afgestig, buiten 10 huisgesinne wat van Vredendal weggesny en by Klawer gevoeg is. Vredendal-Wes is in 1974 afgestig en vandag het die twee gemeentes saam meer as 2 500 doop- en belydende lidmate.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg