Kenhardt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kenhardt
'n Plaas in die Kenhardt-area.
'n Plaas in die Kenhardt-area.
Ligging van Kenhardt op 'n kaart (Noord-Kaap)
Kenhardt
Kenhardt
Koördinate: 29°20′S 21°09′O Koördinate: 29°20′S 21°09′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit ZF Mgcawu
Plaaslike Munisipaliteit Kai !Garib
Stigting 1868
Oppervlak
 - Distrik 159,35 km²  (61,5 vk m)
Bevolking (2011)
 - Distrik 4 843
 - Digtheid 30/km² (77,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8900
Skakelkode(s) 054

Kenhardt is 'n dorp in die Noord-Kaap (Suid-Afrika) wat in 1868 gestig. Die Rooibergdam is naby geleë.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het op 27 Desember 1868 ontstaan toe 'n polisiebuitepos hier gestig is. Vyftig berede polisiemanne en 'n spesiale magistraat, Maximilian Jackson, het hulle onder 'n reuse kameeldoringboom gevestig. Nuwe nedersetters het hulle by die polisiemag onder die kameeldoringboom gevestig en in 1876 het die nedersetting 'n dorp geword. Die NG gemeente is in 1889 gestig.

Distrik[wysig]

Die distrik is 37 000km2 groot; die vierde grootste in die land. Merino- en karakoelboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit. Daar word ook koring verbou. Die dorp is 'n belangrike padaansluiting; nege verskillende paaie kom in die dorp bymekaar. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn gaan ook naby die dorp verby.

Die kameeldoringboom waaronder die spesiale magistraat sy tent opgeslaan het, bestaan nog en is tot 'n nasionale monument verklaar.

Persone gebore in Kenhardt[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Bron[wysig]