Elandsbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Elandsbaai
Ligging van Elandsbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Elandsbaai
Elandsbaai
Koördinate: 32°18′S 18°19′O Koördinate: 32°18′S 18°19′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Plaaslike Munisipaliteit Cederberg
Tydsone SAST (UTC+2)

Elandsbaai is 'n klein kusdorpie aan die Atlantiese Oseaan, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die mond van die Verlorenvleistroom wat in 'n moeras met dieselfde naam eindig. Die moeras is 'n blyplek vir enorme getalle water - en ander voëls. Simon van der Stel het die moeras al gedurende 1685 besoek. Elandsbaai is suid van Lambertsbaai.

Die Bobbejaansberg, op die suidelike oewer van die riviermonding, loop die see in. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn loop deur 'n tonnel deur die Bobbejaansberg. Die visbedryf speel ook 'n groot rol in die dorpie se ekonomie. Elandsbaai is ook gewild onder die branderplankryers.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]