Sishen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sishen
Dingleton
Ligging van Sishen op 'n kaart (Noord-Kaap)
Sishen
Sishen
 Sishen se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 27°46′0″S 22°58′0″O Koördinate: 27°46′0″S 22°58′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik John Taolo Gaetsewe
Munisipaliteit Gamagara
Stigting 1947
Oppervlak
 - Dingleton 180,63 km²  (69,7 vk m)
Hoogte 1 295 m (4 249 vt)
Bevolking (2011)
 - Dingleton 11 034
 - Digtheid 61/km² (158/myl2)
Ras (2011)
 • Swart 78.5%
 • Kleurling 19.0%
 • Indiër/Asiër 0.8%
 • Blank 0.2%
 • Ander 1.5%
Taal (2011)
 • Tswana 57.1%
 • Afrikaans 26.3%
 • Engels 4.4%
 • Sotho 1.6%
 • Ander 10.6%
Poskode (straat) 8445
Poskode (posbus) 8445
Skakelkode(s) 053

Sishen of deesdae Dingleton is 'n dorpie, eintlik 'n mynkompleks, in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan as gevolg van die ysterertsmyne wat in die omgewing in bedryf gestel is. Die dorpie het baie bekend geraak nadat die Sishen-Saldanha Spoorlyn voltooi is.

Sishen is digby die N14 en die naaste groot dorp is Kuruman, 66 km noordoos.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste mynaktiwiteite het in 1953 begin toe die destydse Yskor ystererts begin ontgin het. Eerwaarde Robert Moffat was reeds gedurende 1834 aktief in die omgewing en het vermoed dat daar ystererts in die omgewing was. Hy het daarna in sy dagboek verwys as 'heuwels van glinsterende swart rots'. Toe die ysterneerslae eindelik getoets was, was die reserwes 'n beraamde 4000 miljoen ton groot. Dit was een van die grootste neerslae in die wêreld en ook een van die rykste - 85 persent van die reserwes het 'n ysterinhoud van 66 tot 70 persent.

Die area van die eerste myn word sedert 1990 Dingleton genoem. In 1973 is die tweede myn geopen vir uitvoere via Saldanhabaai. Die Sishen-Saldanha spoorlyn is in 1977 voltooi. Hierdie myn se dorpsgebied is Kathu genoem en munisipale status is in 1979 verkry. Kathu is sowat 12 km vanaf Sishen.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]