Uniegebou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Circa 1925.
Circa 2004.

Die Uniegebou is geleë op Meintjieskop, Pretoria, en is die amptelike setel van die Suid-Afrikaanse regering. Dit bevat ook die kantoor van die President van Suid-Afrika. Dit word waarskynlik die beste onthou as die plek waar Suid-Afrika se eerste demokraties-verkose president, Nelson Mandela, in Mei 1994 ingehuldig is.

Hierdie pragtige gebou, wat uit ligte sandsteen gebou is, is ontwerp deur die argitek Sir Herbert Baker in die Engelse monumentstyl. Dit is 275 m lank en in die vorm van 'n halfmaan gebou. Die twee sye verteenwoordig die Afrikaner- en Engelse dele van die destydse blanke bevolking.

Die hoeksteen is in November 1910 gelê, kort nadat die Unie van Suid-Afrika — waarna die geboue vernoem is — gevorm is. Dit het 1 265 werkers meer as drie jaar geneem om te bou, en is in 1913 voltooi teen 'n totale koste van £1 310 640 vir die gebou en £350 000 vir die terrein.

Ook van belang is die pragtige tuine, bestaande uit slegs inheemse plante, wat die geboue omring asook die 9 000-sitplek amfiteater.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 25°44′28″S 28°12′41″O