Arcadia, Pretoria

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Arcadia
Pretoria, uitsig na Lukasrand.jpg
Ligging van Arcadia op 'n kaart (Suid-Afrika)
Arcadia
Arcadia
Ligging van Arcadia op 'n kaart (Gauteng)
Arcadia
Arcadia
Koördinate: 25°44′46″S 28°13′16″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Tshwane
Oppervlak
 - Voorstad 3,05 km²  (1,18 vk m)
Bevolking (2001)
 - Voorstad 16 840
 - Digtheid 5 521/km² (14 300/vk m)
Tydsone SAST (UTC+2)

Arcadia is 'n voorstad in Pretoria, Suid-Afrika. Dit is geleë oos van die stadskern, met Beatrixstraat wat die westelike grens met die Pretoria Middestad vorm, Kerkstraat die noordelike grens, Hillstraat die oostelike grens met Hatfield en Parkstraat die suidelike grens met Sunnyside.

Arcadia is die oudste voorstad van Pretoria en is in 1889 by Pretoria ingelyf. Arcadia is bekend vir sy historiese geboue, ambassades en hotelle. Die Uniegebou is op die grens van die voorstad geleë. Pretoria het die tweede meeste ambassades ter wêreld, ná Washington, D.C., waarvan die meeste ín of naby Arcadia geleë is.

Kerkstraat, die eenrigtingstrate Pretorius- en Schoemanstraat, en Parkstraat loop in 'n oos-wes-rigting deur die voorstad. Bakens in Arcadia sluit in die Pretoriase Kunsmuseum in Parkstraat, die Gerard Moerdyk Restaurant, in 'n gebou wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is, en Venningpark.