Webb Ellis-beker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Webb Ellis-beker.

Die Webb Ellis-beker is 'n beker wat aan die rugbyspan wat die rugbywêreldbeker wen oorhandig word. Die beker is vernoem na William Webb Ellis, wat as die uitvinder van rugby beskou word. Die goud en silwer versierde prys is in 1987 vir die eerste keer aan die All Blacks oorhandig. Die All Blacks hou tans die beker nadat hulle die Rugbywêreldbeker in 2011 gewen het.

Die beker[wysig]

Die beker is 38 cm hoog en is gemaak van vergulde silwer. Dit het twee ore, op die een is die kop van 'n sater afgebeeld, op die ander 'n nimf. Op die voorkant van die beker is die woorde International Rugby Football Board en daaronder The Webb Ellis Cup gegraveer.

Die beker is in die goud- en silwersmedery Garrard & Co in Londen gemaak. Die model is gebaseer op 'n beker uit 1906 wat gemaak is deur die Londense onderneming Carrington and Co. Hierdie beker is op sy beurt gebaseer op 'n beker uit 1740wat deur Paul de Lamerie ontwerp is.

Wenners[wysig]

Die vorige wenners van die Webb Ellis-trofee is:


Rugbywêreldbeker Rugbyball2.jpg

Australië en Nieu-Seeland 1987 - Engeland 1991 - Suid-Afrika 1995 - Wallis 1999 - Australië 2003 - Frankryk 2007 - Nieu-Seeland 2011 - Engeland 2015 - Japan 2019