Whitehorse

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Whitehorse
Whitehorse Yukon.JPG

Kaart Wapen
Yukonwikimap.PNG
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Flag of Canada.svg Kanada
 Provinsie Flag of Yukon.svg Yukon
 Koördinate 60°43′N 135°03′W
 Stigting 1898
 Oppervlak:  
 - Totaal 416,43 vk km
 Hoogte bo seevlak 670-1 702 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 20 461
 - Bevolkingsdigtheid 49,1/vk km
 - Metropolitaanse gebied 22 898
 Tydsone UTC -8 (MST)
 Burgemeester Bev Buckway
 Amptelike Webwerf www.city.whitehorse.yk.ca
Whitehorse

Whitehorse is 'n stadjie in Kanada en die hoofstad van die land se Yukon-gebied sedert 1952 toe die bestuur van die gebied van Dawson City hierheen verskuif het. Die stad beslaan 416,44 km² en die inwonertal was in 2004 23 205.

Ondanks sy afgesonderde ligging beskik Whitehorse oor talle verbindings met die res van Kanada en ook met die VSA. Dit is onder meer die White Pass $ Yukon Route-spoorlyn, die Yukonrivier, wat net drie maande van die jaar bevaarbaar is van Whitehorse tot by die monding en die res van die jaar bevrore is en die Alaska Highway-snelweg.

Die stadjie se naam is afkomstig van 'n stroomversnelling in die omgewing waarvan die woeste, skuimende water aan springende wit perde herinner.

Whitehorse het, net soos Yellowknife, die hoofstad van die aangrensende Noordwestelike Gebiede, 'n subpoolklimaat, wat wissel van uiterste temperature van gemiddeld minus 22° C in Januarie tot gemiddeld 21° C in Julie.

Vlag van Kanada Hoofstede van Kanada Wapen van Kanada
Hoofstede CharlottetownEdmontonFrederictonHalifaxIqaluitOttawaQuebecstadReginaSt. JohnsTorontoVictoriaWhitehorseWinnipegYellowknife