Victoria, Brits-Columbië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Victoria
VICTORIA-BC-COLLAGE.jpg
Ligging van Victoria op 'n kaart (Brits-Columbië)
Victoria
Victoria
Koördinate: 48°25′43″N 123°21′56″W Koördinate: 48°25′43″N 123°21′56″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Flag of British Columbia.svg Brits-Columbië
Geïnkorporeer 1862
Regering
 - Burgemeester Dean Fortin
Oppervlak
 - Stad 19,47 km²  (7,52 vk m)
 - Metro 696,15 km² (268,79 vk m)
Hoogte 23 m (75 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 80 032
 - Digtheid 4 109,4/km² (10 643/vk m)
 - Metropolitaans 344 630
 - Metrodigtheid 495/km² (1 280/vk m)
Tydsone PST (UTC-8)
Poskode V0S, V8N-V8Z, V9A-V9E
Skakelkode(s) 250 en 778
Webwerf: victoria.ca

Victoria is 'n stad in die weste van Kanada. Dit is die hoofstad van die provinsie Brits-Columbië. Die stad lê in die uiterste suidooste van die Vancouver-eiland. Met 'n veerboot kan mens in 90 minute van hier na Vancouver op die vasteland vaar. Die stad is vernoem ná die Britse koningin Victoria, wat vanaf 1867 tot 1901 ook die koningin van Kanada was.

Geskiedenis[wysig]

Vancouver-eiland het in 1849 'n Britse kroonkolonie geword. Victoria word daarna aangewys as die hoofstad van Brits-Columbië.

Die Statebondspele is vanaf 18 - 28 Augustus 1994 in Victoria aangebied.

Demografie[wysig]

In 2011 het Victoria 80 032 inwoners en die agglomerasie ongeveer 344 000 inwoners gehad. Volgens die aantal inwoners is Victoria heelwat kleiner as Vancouver wat ook in Brits-Columbië geleë is.

Die Victoria-area is in 13 streke verdeel. Vier hiervan is deel van Groter Victoria:

  • Victoria
  • Saanich
  • Esquimalt
  • Oak-baai

Drie streke vorm die Saanich-skiereiland:

  • Sidney
  • Sentraal-Saanich
  • Noord-Saanich

Die res is deel van die Westelike Gemeenskappe (Western Communities):

  • Colwood
  • Langford
  • View Royal
  • Metchosin
  • Sooke
  • Highlands

Susterstede[wysig]

Victoria het vyf susterstede, naamlik:

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Vlag van Kanada Hoofstede van Kanada Wapen van Kanada
Hoofstede CharlottetownEdmontonFrederictonHalifaxIqaluitOttawaQuebecstadReginaSt. JohnsTorontoVictoriaWhitehorseWinnipegYellowknife