Wikimedia-stigting

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Wikimedia)
Spring na: navigasie, soek
Die Wikimedia-stigting se logo.
Die Wikimedia-stigting se kantore in San Francisco.
Raadslede by 2009 se Wikimania-konferensie in Buenos Aires.
Wikimedia-lede: ██ Bestaande chapters ██ Goedgekeur, maar nog nie gestig nie ██ Chapters in beplanningsfase ██ Chapters in oorleg

Die Wikimedia-stigting (Engels: Wikimedia Foundation) is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida.

Ontstaan[wysig]

Die organisasie word op 20 Junie 2003 amptelik deur Jimmy Wales aangekondig. Die naam "Wikimedia" is uitgedink deur Sheldon Rampton soos op die WikiEN-l-eposlys in Maart 2003 versprei.[1] Daarna word die domeinname wikimedia.org en wikimediafoundation.org vir die stigting deur Wikipedia-gebruiker Daniel Mayer geregistreer.

Donasies[wysig]

Aangesien Wikimedia 'n nie-winsgewende organisasie is, funksioneer hulle hoofsaaklik van donasies en subsidies. Wikimedia ontvang donasies op hul skenkingsbladsy. Dit is ook moontlik om donasies via PayPal of via outomatiese oorplasings te maak.

Raad van Trustees[wysig]

Die Raad van Trustees is die administrasie van die Wikimedia-stigting en is aanspreeklik vir beleid ten opsigte van fondsinsameling en die aanwending van die inkomste.[2] Die administrasie bestaan uit sewe lede.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikimedia-stigting (kategorie)


Wikimedia Stigting Wikimedia-logo.svg

Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek

Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia