Wikimedia Stigting

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Spring na: navigasie, soek
Die Wikimedia Stigting se logo.

Die Wikimedia Stigting (Engels: Wikimedia Foundation) is die oorkoepelende organisasie van Wikipedia, Wikiwoordeboek, Wikibronne, Wikiboeke, Wikisource, Wikicommons, Wikinuus, Wikispecies en Wikiversity. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens wet van die Amerikaanse staat Florida.

Inhoud

[wysig] Ontstaan

Die organisasie word op 20 Junie 2003 amptelik deur Jimmy Wales aangekondig. Die naam "Wikimedia" is uitgedink deur Sheldon Rampton soos op die WikiEN-l-eposlys in Maart 2003 versprei[1]. Daarna word die domeinname wikimedia.org en wikimediafoundation.org vir die stigting deur Wikipedia-gebruiker Daniel Mayer geregistreer.

[wysig] Donasies

Aangesien Wikimedia 'n nie-winsgewende organisasie is, leef hulle hoofsaaklik van donasies en subsidies. Wikimedia ontvang donasies op hul skenkings-bladsy. Dit is ook moontlik om donasies via PayPal of via outomatiese oorplasings te maak.

[wysig] Raad van Trustees

Die Raad van Trustees is die administrasie van die Wikimedia Stigting en is aanspreeklik vir beleid ten opsigte van fondsinsameling en die aanwending van gelde[2]. Die administrasie bestaan uit sewe lede.

[wysig] Verwysings

  1. ^ E-pos van Sheldon Rampton op die WikiEN-l lys, Sondag 16 Maart 2003
  2. ^ Raad van Trustees, wikimediafoundation.org op 28 Desember 2006

[wysig] Eksterne skakels


{{{beeld_links}}} Wikimedia Stigting {{{beeld_regs}}}

Projekte: Broeikas - Commons - Meta-Wiki - Wikibooks - Wikinews - Wikipedia - Wikiquote - Wikisource - Wikispecies - WikiWoordeboek - Wikiversity

Wikipedias: Afrikaans - Duits - Engels - Frans - Italiaans - Japan - Nederlands - Pools

Sien ook: Wiki - MediaWiki

Persoonlike gereedskap