Al Debbo
Al Debbo | |
---|---|
Gebore | 22 Junie 1924 Bloemfontein |
Sterf | 13 Julie 2011 Bloemfontein |
Genres | Ligte Afrikaans |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | ? - 2000 |
Al Debbo | |
Beroep(e) | Akteur, komediant. |
---|---|
Aktiewe jare | 1948–2004 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Al Debbo (1924–2011) was ’n legendariese akteur, komediant en sanger. Hy is bekend vir liedjies soos Sonbrilletjies, Hasie, Tantes van Nantes, Brakke van Turffontein en Bolandse nooientjie. Debbo het altesaam in twintig rolprente gespeel. Die eerste was Die kaskenades van dokter Kwak in 1948 en die laaste Oh Shucks I’m Gatvol in 2004.
Biografie
[wysig | wysig bron]Al Debbo se pa, Azar het in die vroeë 1900’s uit Libanon na Suid-Afrika geïmmigreer om te help om treinspore te bou. Hier het hy Al se ma, ook ’n Libanees, ontmoet en is hulle later getroud.[1] Hulle het hulleself in Bloemfontein gevestig waar die Debbos jare lank winkeliers was, en Al is hier op 22 Junie 1924 gebore.[2]
Hy begin sy werkloopbaan as ’n ambagsman, maar begin later om voltyds te sing. In 1948 speel hy as akteur in sy eerste rolprent, Die kaskenades van dokter Kwak.
Hy is op 13 Julie 2011 op 87-jarige ouderdom oorlede in ’n hospitaal in Bloemfontein nadat hy drie weke tevore vir ligte longontsteking opgeneem is. Hy is ook vir hartversaking behandel.[3]
Hy en sy vrou, Ansa het twee seuns gehad, Alec en Azar. Sy kinders uit sy eerste huwelik was Alvin, Margie, Melody, Bonnita en Diane.[1][4]
Toekennings
[wysig | wysig bron]Al Debbo ontvang in 1999 ’n toekenning van die ATKV vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak. In 2005 ontvang hy ’n SAMA-toekenning vir lewenslange bydrae.[5]
Die SA Akademie se eeufeesmedalje is in 2009 tydens die eeufeesvierings aan hom toegeken as erkenning vir sy jarelange toewyding as kunstenaar wat oor dekades in Afrikaans opgetree het.[6]
Musiekalbums
[wysig | wysig bron]Al Debbo het die volgende musiekalbums uitgereik:
Ek lewe nog (CDVILLA 101)
- Die Aftree-oord
- Hoera vir die Diereryk
- As Ek Maar Net
- Jodellied
- Nuuskierige Agie
- Dis Lekker by die See
- Ek Lewe Nog
- Bankrot
- Oempie Doempie Domkop
- Harteliefie
- Snork
Pieringoog Potpourri Al Debbo sê dankie (CAMELUSAL1 Carmelus Musiek) (2000)
- Hasie
- Tantes van Nantes
- Waar Is Jy?
- Pens & Pootjies
- Daar’s ’n Wind Wat Waai
- Saans as die Sterre
- Diki Diki Daai Daai
- Bolandse Nooi’ntjie
- Sonbrilletjies
- Brakke van Turffontein
- Die Trane die rol oor Bokkie
- Gebed met Jaques Botes (Koos du Plessis)
Rolprente
[wysig | wysig bron]Hy het altesaam 20 rolprente (van 1948 tot 2004) op sy kerfstok.[5] Van sy rolprente sluit in:
- Die kaskenades van Dr. Kwak (1948)
- Kom Saam, Vanaand (1949)
- Hier’s ons weer (1950)
- Alles sal regkom (1951)
- Altyd in My Drome (1952)
- Die avonture van Kammie Kamfer (1954)
- Dis Lekker om te Lewe (1957)
- Donker Afrika (1957)
- Fratse in die vloot (1958)
- Hou die Blink Kant Bo (1960)
- Boerboel de Wet (1960)
- Gevaarlike Spel (1962)
- Tom, Dirk en Herrie (1962)
- Die geheim van Onderplaas (1962)
- Die wonderwêreld van Kammie Kamfer (1964)
- Stadig oor die Klippe (1969)
- Pens en Pootjies (1974)
- Kniediep (1975)
- Haak Vrystaat (1976)
- Oh Shucks I’m Gatvol (2004)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Tot siens Al Debbo, sa-people
- ↑ Só onthou ons Al Debbo Geargiveer 15 Julie 2011 op Wayback Machine, Huisgenoot, 13 Julie 2011
- ↑ Al Debbo sterf, Nuus24, 13 Julie 2011.
- ↑ Debbo het gelewe om ander gelukkig te maak, 2011-7-21, Karen Ebersohn[dooie skakel]
- ↑ 5,0 5,1 Al Debbo is op 85 steeds op sy stukke en vol lewenslus Geargiveer 16 Julie 2011 op Wayback Machine, Die Burger, 22 Junie 2009.
- ↑ akademie.org.za[dooie skakel], besoek op 23 Augustus 2011
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
- Frederik Burgers, akteur wat gereeld saam met Debbo in rolprente te siene was.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Al Debbo (83) steeds op verhoë (Die Burger)[dooie skakel]
- Al Debbo in die Internet-rolprentdatabasis