22 Junie
Voorkoms
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
22 Junie is die 173ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (174ste in skrikkeljare). Daar volg nog 192 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 168 – Die Romeine verslaan die Masedoniërs by die Slag van Pynda.
- 816 – Pous Stefanus IV volg Pous Leo III op.
- 1476 – Veldslag van Murten: 24 000 troepe van die Switserse Bondgenootskap kom by die stad Murten aan om die stad te ontset wat deur die Boergondiërs onder beleg geplaas is. In die bloedige veldslag sneuwel meer as 10 000 soldate van hertog Karel van Boergondië.
- 1611 – Henry Hudson, sy seun en sewe ander word deur muiters oorboord gesit.
- 1633 – Galileo word veroordeel en moet sy bewerings oor die heliosentiese terugtrek.
- 1692 – Pous Innocentius XII publiseer die bul Romanum decet Pontificem teen nepotisme.
- 1737 – Pous Clemens XII verklaar Joseph van Leonissa (Joseph Desideri) salig.
- 1815 – Napoleon abdikeer vir die tweede keer.
- 1825 – Die Britse Parlement skaf feodalisme en die leenheerstelsel af in Britse Noord-Amerika.
- 1846 – Adolphe Sax patenteer die saxofoon.
- 1924 – Die 500ste herdenking van die stigting van die Grys-bondgenootskap (Grauer Bund) word in Truns, Switserland gevier.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Maarskalk Phillippe Pétain teken die wapenstilstand met Duitsland en vestig die Vichy-regering.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland met Operasie Barbarossa val die Sowjetunie aan, in een van die mees dramatiese keerpunte in die oorlog.
- 1976 – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af.
- 1978 – James W. Christy ontdek die eerste natuurlike satelliet Charon van die dwergplaneet Pluto.
- 2017 – Afghanistan en Ierland word volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR).
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1837 – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler († 1884).
- 1882 – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het († 1912).
- 1888 – Stephanus Philippus Barnard, Afrikaanse hoogleraar en Administrateur van die Vrystaat († 1951)
- 1892 – Robert Ritter von Greim, Duitse vlieënier en veldmaarskalk († 1945).
- 1901 – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler († 1984).
- 1910 – Axel von Ambesser, Duitse akteur († 1988).
- 1924 – Al Debbo, Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger († 2011).
- 1933 - Dianne Feinstein, Amerikaanse senator († 2023).
- 1936 – Kris Kristofferson, Amerikaanse akteur en komponis (s. 2024).
- 1945 – Maretha Maartens, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1949 – Meryl Streep, Amerikaanse aktrise.
- 1953 – Cyndi Lauper, Amerikaanse sangeres.
- 1954 – Freddie Prinze, Amerikaanse akteur († 1977).
- 1964 – Dan Brown, Amerikaanse skrywer.
- 1994 – Marnus Labuschagne, Suid-Afrikaans-gebore Australiese krieketspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1276 – Pous Innocentius V, 185ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ± 1224).
- 1927 – Sir John Fraser, Suid-Afrikaanse staatsman (* 1840).
- 1967 – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal (* 1887).
- 1969 – Judy Garland, Amerikaanse sanger, akteur (* 1922).
- 1987 – Fred Astaire, Amerikaanse danser, akteur (* 1899).
- 2008 – Ryne de Beer, Suid-Afrika se fluitende predikantsvrou (* 1932).
- 2008 – George Carlin, Amerikaanse komediant (* 1937).
- 2011 – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1934).
- 2015 – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek (* 1953).
- 2017 – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998) (* 1925).
- 2019 – Judith Krantz, Amerikaanse romanskryfster (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Anglikaanse fees van St Alban.
- Feesdag van Pous Innocentius V in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 Junie. |