Kleinsperwer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Accipiter minullus)
Jump to navigation Jump to search

Kleinsperwer
Jong Kleinsperwer.jpg
Onvolwasse Kleinsperwer in Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. minullus
Binomiale naam
Accipiter minullus
(Daudin, 1800)

Kleinsperwer (Little Sparrowhawk) Accipiter minullus (157) Lengte: 23–28 cm

Dié klein roofvoël word dikwels in stadstuine gesien, veral in gebiede langs natuurlike habitat. Die Kleinsperwer is 'n ontwykende voël wat maklik misgekyk word terwyl hy vinnig in die eksklusiewe gebied rongbeweeg.

Algemeen[wysig | wysig bron]

Beskrywing: Die volwassene word van die Gebande sperwer onderskei aan 'n wit kruis en twee wit kolle op die bo-stert. Die meeste soos Afrikaanse sperwer mannetjie, maar het 'n wit kruis en 'n geel, nie grys, washuid. Geslagte eners, maar wyfie is groter. Jong voël het nie wit kruis nie en kom ooreen met onvolwasse Afrikaanse sperwer mannetjie wat kleur betref, maar is kleiner en het geel oog en nie grys washuid nie. Habitat: Uiteenlopend; kom voor in woude, boswêreld, savanne en het aangepas by uitheemse plantasies. Ontwykend. Status: 'n Algemene tot skaars standvoël. Soortgelyke spesies: Afrikaanse sperwer, Gebande sperwer. Roep: 'n Hoë 'pie-pie-pie-pie-pie' –geluid word deur mannetjie gemaak in broeiseisoen. Wyfie maak 'n sagter 'kieeu-kieeu-kieeu'. Dieet: Feitlik net klein voëltjies soos vinke, tinktinkies, suikerbekkies, sangers en wewers; sal soms insekte en klein reptiele vreet.

Broeigewoontes[wysig | wysig bron]

Plek: In 'n hoë boom. Nes: Nes word van takkies gebou en met groen blare uitgevoer en is groter as wat mens by so 'n klein voëltjie verwag. Seisoen: September tot Desember. Getal eiers: 1-2. Broeitydperk: 32 dae. Kuikenstaduim: Sowat 25 dae.

Habitat[wysig | wysig bron]

Habitat: Die Kleinsperwer kan aangemoedig word om 'n tuin met groot lowerryke bome te besoek waar hy die hele dag lang onopsigtelik kan bly. Dit is egter onwaarskynlik dat hy oorgehaal sal word om 'n permanente inwoner van stedelike tuine te word, want hy het baie digte plantegroei nodig om sy prooi voor te lê. Hierdie klein, onopvallende roofvoël sal af en toe 'n voëlbad besoek. Kosvereistes: Tuine met gesonde bevolking klein voëltjies suikerbekkies, tinktinkies, sangers en wewers en 'n oorvloed insekte sal help om die kleinsperwer 'n gereelde besoeker te maak. Nesmaak: Hoewel Kleinsperwers nie maklik in tuine sal broei nie, sal hulle op groot eiendomme wat aan natuurlike habitat grens, nesmaak. Uitheemse bloekoms (Eucalyptus canescens-spesies) en vaalpopuliere (Populus canescens) word dikwels as nesmaak plekke gekies, omdat hoë bome hulle is staat stel om hul nes hoog bo die grond te bou. Die twee eiers wat gelê word, is ongewoon by sperwers en is kenmerkend, want hulle is wit sonder merke. Tydens die broeisiklus verdedig die ouers die nes baie aggressief. Hulle gebruik dikwels dieselfde nes in opeenvolgende broeiseisoene, maar sal soms ook 'n nuwe nes naby die vorige jaar s'n bou.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2008). Accipiter minullus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 19 Februarie 2009.