Aleksander N. Skriabin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Aleksander N. Skriabin

Aleksander Nikolaiewitsj Skriabin (1872-1915) was 'n Russiese komponis. Hy is van sy 10e jaar af as soldaat opgelei, maar hy het terselfdertyd in die musiek gestudeer. Van 1888 tot 1892 het hy aan die Moskouse Konservatorium, onder andere onder Tanejef en Arenski, gestudeer. Na konsertreise in Europa is hy in 1897 getroud, en van 1898 tot 1903 het hy aan die Moskouse Konservatorium lesings gegee.

In 1904 het hy hom in Switserland gevestig en sy aandag aan komposisie bestee. Skriabin het al hoe meer behep geraak met die mistieke filosofie, waaraan hy later ook sy musikale uitinge probeer koppel het. Skriabin se reputasie berus op sy sensitiewe, fyn afgewerkte klaviermusiek wat 10 sonates, 'n klavierconcerto en talle preludes en ander kort stukke insluit.

Sy latere pogings om sy mistieke denke in sy musiek te verbeeld, het nie algemene byval gevind nie, maar hy beklee nietemin 'n plek in die ontwikkeling van die moderne Russiese musiek.

Bronnelys[wysig | wysig bron]