Alfred Métraux
Voorkoms
Alfred Métraux | |
Alfred Métraux in 1932
| |
Gebore | Lausanne, Switserland | 5 November 1902
---|---|
Oorlede | 11 April 1963 (op 60) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Switserland |
Vakgebied | Antropologie, etnografie, menseregte |
Alfred Métraux (5 November 1902 – 11 April 1963) was ’n Switserse antropoloog, etnoloog en menseregteleier.
Hy het belangrike inligting gepubliseer oor Suid-Amerika se Indiane, die voedoeïsme van Haïti en die antieke samelewings van Paaseiland. Hy het onder meer deelgeneem aan die opstel van die Verenigde Nasies se Verklaring oor Menseregte. Sy boeke sluit in Voodoo, The History of the Incas en Easter Island.
Métraux het selfmoord gepleeg deur ’n oordosis kalmeermiddels te neem.[1][2]