Ali Bongo Ondimba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ali Bongo Ondimba

Ali Bongo Ondimba (gebore Alain Bernard Bongo; 9 Februarie 1959), soms bekend as Ali Bongo, is 'n Gaboense politikus wat sedert Oktober 2009 president van Gaboen is.

Ali Bongo is die seun van Omar Bongo, wat president was van Gaboen vanaf 1967 tot sy dood in 2009. Tydens sy vader se presidentskap was hy van 1989 tot 1991 Minister van Buitelandse Sake en het Bongoville as adjunk in die Nasionale Vergadering van 1991 tot 1999 verteenwoordig. Daarna was hy van 1999 tot 2009 die Minister van Verdediging.

Na die dood van sy vader wat 41 jaar aan bewind was, is hy vir die eerste keer in die presidentsverkiesing in Augustus 2009 verkies. Hy is in Augustus 2016 herkies, in verkiesings wat deur talle onreëlmatighede, inhegtenisnemings, menseregteskendings en geweld ná die verkiesing geskend is.

Bongo was ook president van die Gaboense Demokratiese Party.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]