Amfibieë

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Amfibieë
Tydperk: 260–0 m. jaar gelede
Red-eyed Tree Frog - Litoria chloris edit1.jpg
'n Rooioogboompadda (Litoria chloris) van Oos-Australië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Superclass:
Klas:
Amphibia

Linnaeus, 1758
Subklasse en ordes

   Orde Temnospondyli - uitgesterf
Subklas Lepospondyli - uitgesterf
Subklas Lissamphibia
   Orde Anura
   Orde Caudata
   Orde Gymnophiona

Amfibieë, of Amphibia, is 'n klas van die superklas Tetrapoda. Hulle het vier pote en word uit eiers gebore. Hulle woon in water wanneer hulle klein is en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is. Paddas, salamanders en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe amfibieë.

Amfibieë word sonder bene gebore - hulle groei dit aan terwyl hulle klein is. Wanneer hulle grootword, verander hulle van vorm. Hierdie proses staan as metamorfose bekend. Die diere verloor later hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Klein paddas en salamanders word paddavisse genoem. Hierdie diere lê tot duisend eiers, gewoonlik in water of op klam plekke. Hulle vreet ander diere, veral insekte.

Daar is tans omtrent 5 700 spesies.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die vroegste Tetrapoda verskyn in die laat Devoon. 'n Bekende verteenwoordiger is Ichtyostega uit Groenland, ongeveer 363 miljoen jaar oud. 'n Bietjie ouer is Elginerpeton uit Skotland van 368 miljoen jaar gelede. In die Devoon en Karboon word daar 'n groot verskeidenheid fossiele vorme aangetref, maar fossiele van die moderne paddas en salamanders verskyn eers in die Jura. Die verwantskap met die ouer vorme soos die Temnospondyli en Lepospondyli is nie bekend nie.[1]

Die moderne amfibieë word gewoonlik die Lissamphibia genoem, hoewel dit moontlik is dat hierdie groep nie monofileties is nie. Op grond van genetiese en morfologiese inligtings kan die volgende kladogram saamgestel word.[2]

Tetrapoda

Amniota


Lissamphibia
Stegokrotaphia

Wurmsalamanders


Batrachia
Urodela

Salamandridae



Cryptobranchoidea



Bombinanura
Archaeobatrachia

Bombina, Xenopus


Neobatrachia

Hoër paddas: Bufo, Rana






Die tye waarop die aftakkings plaasgevind het, verskil egter tussen metodes. Die tak wat na die wurmsalamanders lei (Stegokrotaphia en Batrachia), is dalk oud. Die morfologiese metode plaas dit die laat Perm (~260 miljoen jaar gelede) en die genetiese metode in die Karboon (~337 miljoen jaar gelede). Die salamander/padda -aftakking (Urodela en Bombinanura) is 'n bietjie jonger (254 of 308 miljoen jaar gelede).

Taksonomie[wysig | wysig bron]

  • Klas Amphibia
    • Orde Anura (paddas)
    • Orde Caudata (salamanders)
    • Orde Gymnophiona (wurmsalamanders)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. UCMP Berkeley.
  2. Fossils, Molecules, Divergence Times, and the Origin of Lissamphibians David Marjanović, Michel Laurin, Systematic Biology 56(3) 2007, bls. 369-388

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]