Andrew Porter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Andrew Porter
Geboortenaam Andrew Brian Porter
Gebore 26 Augustus 1928
Kaapstad, Suid-Afrika
Oorlede 3 April 2015 (op 86)
Londen, Brittanje
Beroep Musiekkritikus, orrelis en operaregisseur

Andrew Brian Porter (Kaapstad, 26 Augustus 1928Londen, 3 April 2015) was 'n Suid-Afrikaans-gebore musiekkritikus, orrelis en operaregisseur. Hy was 'n skolier by Diocesan College en 'n student by University College, Oxford Universiteit. Porter was 'n invloedryke skrywer oor Westerse klassieke musiek wat dekades lank artikels en resensies gepubliseer het in Britse koerante soos The Times, The Daily Telegraph, The Financial Times, The Observer en The Times Literary Supplement. Hy is in 1960 aangestel as redakteur van die akademiese joernaal The Musical Times, en was tussen 1972 en 1992 as skrywer verbonde aan die Amerikaanse tydskrif The New Yorker. Porter het bekendheid daarvoor verwerf dat hy met argivale werk groot onbekende dele van Verdi se opera Don Carlos ontdek het, en was na sy ontdekking betrokke by die publikasie en opvoering van 'n sogenaamde "oorspronklike weergawe" van die opera se musiek en libretto.

Bibliografie[wysig | wysig bron]