26 Augustus
Voorkoms
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
26 Augustus is die 238ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (239ste in skrikkeljare). Daar volg nog 127 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1444 – Ou-Zürich-oorlog: Veldslag van St Jakob an der Birs. 1500 Soldate van die Switserse Bondgenootskap veg heldhaftig teen 'n Franse aanvalsmag van 30 000 man maar verloor tog die stryd. Koning Karel VII van Frankryk sluit 'n vredesverdrag met die Switserse Bondgenootskap uit bewondering vir die Switsers se dapperheid.
- 1492 – Pous Alexander VI word gekroon deur kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Quamvis Paternae" oor Apostoliese protonotarii.
- 1883 – 'n Vulkaniese uitbarsting van Krakatoa in Indonesië veroorsaak 'n rampspoedige tsoenami wat baie nedersettings vernietig en 36 000 lewens in Java en Sumatra eis.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrika se generaal Jan Smuts bring die Duits-Oos-Afrikaanse regering tot 'n val.
- 1960 – Apartheid: Die noodtoestand wat op 30 Maart in Suid-Afrika afgekondig is ná die Sharpeville-slagting, word opgehef.
- 1975 – Vredesamesprekings tussen die Rhodesiese regering en die United African National Council loop uit op 'n bitter dooie punt.
- 1978 – Pous Johannes Paulus I volg Pous Paulus VI op.
- 1985 – Zola Budd verbeter die 5 000 m wêreldrekord.
- 1999 – Penny Heyns stel in Sydney haar sesde wêreldrekord in drie weke op met 'n tyd van 2:24:2 vir die borsslag oor 200 m.
- 2005 – Alex Tew, 'n student van Wiltshire, Engeland loods die miljoendollartuisblad.
- 2008 – Die Russiese president Dmitri Medwedef onderteken die wet waardeur die selfverklaarde Abchasië en Suid-Ossetië as onafhanklike republieke erken word.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1743 – Antoine Lavoisier, Franse chemikus († 1794).
- 1876 – Chris van Niekerk, kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid en senator († 1966).
- 1918 – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en kenner van wentelbaanmeganika by Nasa († 2020).
- 1946 – Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer († 2018).
- 1959 – Herman Mashaba, Suid-Afrikaanse entrepreneur, politikus en president van ActionSA.
- 1977 – Gareth Cliff, Suid-Afrikaanse omroeper en TV-persoonlikheid.
- 1978 – Hestrie Cloete, Suid-Afrikaanse Olimpiese hoogspringatleet.
- 1980 – Macaulay Culkin, Amerikaanse akteur.
- 1991 – Chris Pappas, Suid-Afrikaanse politikus, burgemeester van die uMngeni Plaaslike Munisipaliteit.
- 1994 – Reece Hodge, Australiese rugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1666 – Frans Hals, een van die belangrikste skilders in die Noordelike Nederlande gedurende die Goue Eeu (* 1582).
- 1732 – Antonie van Leeuwenhoek, Hollandse handelaar en wetenskaplike, vader van mikrobiologie (* 1632).
- 1915 – Dr. John Medley Wood, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1827).
- 1925 – Johann Rissik, landmeter en die eerste Administrateur van Transvaal (* 1857).
- 1958 – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis (* 1872).
- 1974 – Charles Lindbergh, Amerikaanse vlieënier (* 1902).
- 1989 – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer (* 1903).
- 2008 – Ds. Phil Olivier, predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum (* 1918).
- 2020 – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder (* 1932).
- 2020 – Dirk Mudge, Namibiese boer en politikus (* 1929).
- 2020 – Dr. Japie van Zyl, Namibiese elektriese ingenieur wat werksaam was by NASA (* 1957).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Johannes Paulus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Augustus. |