Archie Mountbatten-Windsor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Archie Mountbatten-Windsor
Geboortenaam Archie Harrison
Mountbatten-Windsor
Nasionaliteit Brits, Amerikaans
Familie Huis van Windsor
Markle-familie
Gebore 6 Mei 2019,
Brittanje
Vader Prins Harry, Hertog van Sussex
Moeder Meghan Markle

Archie Harrison Mountbatten-Windsor (* 6 Mei 2019) is die babaseun van prins Harry, Hertog van Sussex, en Meghan, Hertogin van Sussex. Hy is sewende op die lys van Britse troonopvolgers.

Geboorte[wysig | wysig bron]

’n Skare en joernaliste drom naby Windsor-kasteel saam om te wag vir nuus oor die geboorte.

Archie Mountbatten-Windsor is op 6 Mei 2019 om 05:26 Britse somertyd gebore.[1] Sy geboorteplek is nie bekend gemaak nie. Die media het gespekuleer hy is óf in die egpaar se huis (Frogmore Cottage) óf in die Portland-hospitaal in Londen gebore.[2]

Verskeie landmerke is in verskillende kleure verlig om sy geboorte te vier, onder meer die Niagara-waterval, CN-toring en London Eye.[3][4][5] Sy naam is op 8 Mei 2019 aangekondig.[6]

Mountbatten-Windsor is ’n afstammeling van die Huis van Windsor aan sy pa se kant en ’n Amerikaanse werkersklasfamilie aan sy ma se kant.[7] Volgens The New York Times en The Telegraph is hy die eerste half-Amerikaanse en eerste veelrassige baba in die geskiedenis van die Britse koningshuis.[7][8] Hy is ’n burger van die Verenigde Koninkryk sowel as die Verenigde State.[9][10]

Titel en opvolging[wysig | wysig bron]

Mountbatten-Windsor is ’n agterkleinkind van koningin Elizabeth II[2] en sewende op die lys van Britse troonopvolgers, net ná sy pa.[7] Hy is ook die regmatige erfgenaam van sy pa se hertogdom Sussex, graafskap Dumbarton en baronie Kilkeel.[2][8]

Omdat die Hertog van Sussex nie die Prins van Wallis se oudste seun is nie,[11] is sy seun nie outomaties geregtig op die titel Britse prins of die aanspreekvorm "Koninklike Hoogheid" nie.[2] Volgens die patentbrief wat in 1917 uitgereik is (en steeds van krag is), sou hy as ’n agterkleinseun van die monarg die titel "lord" voor sy naam kon skryf, of andersins ’n laer titel kon kry soos Graaf van Dumbarton, soos verwag is.[2][10] Die Hertog en Hertogin van Sussex het egter besluit hy sal net as Archie Mountbatten-Windsor bekend wees, met die aanspreekvorm "master".[12] Dié besluit, sowel as die keuse van sy name, wat nie tradisioneel in die koninklike familie is nie, is in lyn met sy ouers se wens dat hy as ’n private burger grootword.[13][14]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Royal baby: Meghan gives birth to boy, Harry announces". BBC News (in Engels). 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 6 Mei 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Royal baby: Meghan, Duchess of Sussex, gives birth to boy". The Guardian (in Engels). 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2020. Besoek op 7 Mei 2019.
  3. Mowat, Justin (6 Mei 2019). "Niagara Falls will shine blue Monday to mark royal birth". CBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2019. Besoek op 7 Mei 2019.
  4. "CN Tower lit in purple to mark birth of royal baby". CBC News (in Engels). 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 7 Mei 2019.
  5. "London Eye to turn red, white and blue for royal baby". BT (in Engels). Press Association. 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 7 Mei 2019.
  6. "Royal baby: Duke and Duchess of Sussex name son Archie". BBC News (in Engels). 8 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2019. Besoek op 8 Mei 2019.
  7. 7,0 7,1 7,2 Barry, Ellen; Karasz, Palko (6 Mei 2019). "Meghan, Duchess of Sussex, Gives Birth to a Boy". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 7 Mei 2019. ... he represents change for the oldest of houses. He is half American, descended on his mother’s side from a bellhop in a Cleveland hotel, a laundry worker in Chattanooga, and a bartender in an Atlanta saloon.
  8. 8,0 8,1 Furness, Hannah; Southworth, Phoebe; Herbert, Samantha (6 Mei 2019). "Royal baby: Prince Harry says birth of son is 'the most amazing experience' as world waits for first sighting". The Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 7 Mei 2019.
  9. Alexander, Harriet (7 Mei 2019). "US tax authorities could stake a claim to Baby Sussex's inheritance". The Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 8 Mei 2019.
  10. 10,0 10,1 "Royal baby: All you need to know about the birth of Harry and Meghan's child". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op 6 Mei 2019.
  11. Spangler, Jonathan (6 Mei 2019). "The rise and fall of 'Royal Highness': a brief history of royal titles and what it means for Prince Harry's baby". History Extra (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019. Besoek op 7 Mei 2019.
  12. "Archie Harrison: The meaning behind the royal baby's name". BBC News (in Engels). 8 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 8 Mei 2019.
  13. Barry, Ellen (8 Mei 2019). "Harry and Meghan Name Their Son: Archie Harrison Mountbatten-Windsor". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 11 Mei 2019.
  14. "Archie Harrison Mountbatten-Windsor – what's in a name?". The Guardian (in Engels). 8 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 11 Mei 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]