Austin-Ball A.F.B.1

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Austin-Ball A.F.B.1
Austin AFB 1 Outside Longbridge Works.jpg
Die A.F.B.1 buite Austin se Longbridge werke
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Austin Motor Company
Ontwerp deur C. H. Brooks, Albert Ball
Nooiensvlug 27 Julie 1917
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 1

Die Austin-Ball A.F.B.1 is 'n enkelsitplek, dubbeldekker Britse vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkwel maar nooit vervaardig was nie. Slegs een prototipe is gebou. Die navorser J.M. Bruce het in 1965 in sy boek War Planes of the First World War - Vol One bewys dat die bobaasvlieënier Albert Ball nie verantwoordelik was vir die ontwerp nie maar slegs as raadgewer opgetree het. Die ontwerp was eers voltooi laat in 1916.

Die ontwikkeling van die Austin-Ball A.F.B.1 was 'n privaat onderneming deur Austin Motor Co. en tydens 'n besoek van Albert Ball aan die fabriek het hy ingestem om op te tree as raadgewer. Daarna het hy ook 'n groot rol gespeel om Brigadier-Generaal Sefton Brancker, van die Oorlogkantoor, te oorrreed om twee prototipes te bestel. Ongelukkig vir Ball het hy nooit die A.F.B.1 in aksie gesien nie omrede hy op 7 Mei 1917 sterf tydens 'n missie. Die eerste prototipe het eers in Julie 1917 gevlieg. Die resultate was belowend met betrekking tot spoed en klimvermoë maar daar was probleme met die draai en rol vermoë van die vliegtuig. Die prototipe was aangedryf deur 'n 200 perdekrag Hispano-Suiza motor. Een voordeel van Ball se raad is dat die vlieënier 'n uitstekende sig gehad uit en om die kajuit. Twee 0.303 Lewismasjiengewere was geinstalleer, een bo-op die boonste vlerk en een wat deur 'n hol skag geskiet het van die skroef.

Austin was egter volstoom besig om die Royal Aircraft Factory S.E.5 te vervaardig wat ook die Hispano-Suiza gebruik het; dus kon die A.F.B.1 nooit in produksie gegaan het nie.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Austin-Ball A.F.B.1:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Hispano-Suiza waterverkoelde v-tipe
Kraglewering per motor 200 perdekrag
Vlerkspan 9,14 m
Lengte 6,55 m
Hoogte 2,82 m
Vlerkoppervlakte 26,94 m2
Maksimum opstygmassa 942 kg
Maksimum snelheid 222 km/h op seevlak
Operasionele hoogte 6 706 m
Uithouvermoë 2.0 ure en 15 minute
Klimvermoë 3,000 m in 10 minute
Bewapening Twee 03.303 Lewismasjiengewere: een bo-op die boonste vlerk
en een in vliegtuig: skiet deur skroef se skag.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]