Bobaasvlieënier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Bobaasvlieënier is 'n vlieënier wat 5 of meer oorwinnings behaal het in luggevegte teen ander vegvliegtuie. In Engels staan dit bekend as 'n Ace. Dié term is geskep tydens die Eerste Wêreldoorlog waar die beeld geskep is van die vlieëniers as ridders wat dapper is in 'n poging om die publiek se aandag weg te lei van die massaslagtings wat plaasgevind het op die front.

Eerste Wêreldoorlog[wysig | wysig bron]

Een van die bekendste bobaasvlieëniers uit die oorlog is Manfred von Richthofen, beter bekend as die Rooi Baron. Die eerste Britse bobaasvlieënier is Albert Ball. Aan Amerikaanse kant was dit Edward Rickenbacker en vir die Franse is dit Charles Nungesser. Andrew Beauchamp-Proctor is in Suid-Afrika gebore en het as 'n Britse vlieënier Bobaasvlieënier status verwerf.

Tweede Wêreldoorlog[wysig | wysig bron]

Erich Hartmann is die suksesvolste bobaasvlieënier ooit met 352 oorwinnings. Sailor Malan is Suid-Afrika se bekendste bobaasvlieënier uit die oorlog met 35 oorwinnings.

Bron[wysig | wysig bron]