Azerbeidjanse Lugmag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Azerbeidjanse Lugmag
Vaandel van die Azerbeidjanse Lugmag
Vaandel van die Azerbeidjanse Lugmag
Gestig 14 Februarie 1992
Land Azerbeidjan
Onderdeel van Gewapende Magte van Azerbeidjan
Tipe Lugmag
Rondeel Rondeel van die Azerbeidjanse Lugmag
Spesialisasie Lugoorheersing, verkenning, nabye lugondersteuning
Hoofkwartier Bakoe
Aantal lede 7 000 personeel (2012)
312 vliegtuie (2012)

Die Azerbeidjanse Lugmag (Azerbeidjans: Azərbaycan Hərbi Hava Qüvvələri) is die lugmag van die Gewapende Magte van Azerbeidjan.

Die huidige Azerbeidjanse Lugmag is gevorm uit dele van die voormalige Sowjet Lugmag ná die ontbinding van die voormalige Sowjetunie aan die einde van die Koue Oorlog in Desember 1991. Dit is op 14 Februarie 1992 gestig, ná die Azerbeidjanse onafhanklikheidsverklaring op 18 Oktober 1991. Sedertdien het die lugmag ernstige terugslae ondervind, te wyte aan 'n gebrek aan hulpbronne, en het voortdurend gekrimp in grootte. Sedert İlham Əliyev president van Azerbeidjan is, word baie meer fondse egter aan die gewapende magte toegeken.

Die hoofkwartier van die Azerbeidjanse Lugmag is in die hoofstad Bakoe.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.