Basingstoke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Basingstoke
Ligging van Basingstoke op 'n kaart (Engeland)
Basingstoke
Basingstoke
Koördinate: 51°16′00″N 1°05′00″W / 51.26667°N 1.08333°W / 51.26667; -1.08333Koördinate: 51°16′00″N 1°05′00″W / 51.26667°N 1.08333°W / 51.26667; -1.08333
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
Region Suidoos
Graafskap Hampshire
Distrik Basingstoke and Deane
Bevolking
 - Dorp 113 776[1][a]
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode RG21–RG24
Skakelkode(s) 01256
Webwerf: www.basingstoke.gov.uk

Basingstoke is 'n Engelse dorp in die Hampshire-distrik van Basingstoke en Deane en is die hoofnedersetting in die distrik. Dit is in die Domesday Book (1086) aangeteken en 'n gereelde mark is in 1214 daar gestig. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die distrik 'n bevolking van ongeveer 46 000, wat volgens die 2011-sensus tot 167 799 gestyg het.[2]

Basingstoke is op die A30-pad, wat sedert die Middeleeue die hoofpad van Londen na Exeter was. Die dorp is in 1794 met Londen deur die Basingstoke-kanaal verbind en in 1839 deur 'n spoorlyn verbind. Die spoorlyn is in 1840 tot Winchester en Southampton, en in 1854 tot Salisbury uitgebrei.[3]

Die dorp is 'n ekonomiese sentrum waar talle diensnywerhede en hoëtegnologie-maatskappye gevestig is.

Die Engelse skryfster Jane Austen is in 1775 te Steventon, 6 km suidwes van Basingstoke, gebore. Sy het die dorp dikwels besoek en in 2017 is 'n standbeeld tot haar eer daar onthul.[4]

Uitsigte van Basingstoke
Churchill Way - die hoofpad deur die stad se sentrum
Churchill Way - die hoofpad deur die stad se sentrum  
St Michaels Kerk dateer uit die sestiende eeu
St Michaels Kerk dateer uit die sestiende eeu  
Stasie gebou
Stasie gebou  
Festival Place - winkelsentrum
Festival Place - winkelsentrum  
Basing View - 'n Ry kantoorblokke
Basing View - 'n Ry kantoorblokke  

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Hampshire County Council, Small Area Population Forecasts. Parish data: Parish total level forecast: (unparished area) Basingstoke & Deane”. Hampshire County Council: 2016. URL besoek op 24 October 2011.
  2. (en) Basingstoke and Deane District through time. A Vision of Britain through Time - Population Statistics - Total Population.. University of Portsmouth. URL besoek op 8 September 2018.
  3. (en) Tolley, Christopher J. (2001). Basingstoke's Railway History in Maps. Argief geskep van die oorspronklike op 15 Mei 2008. URL besoek op 3 Mei 2008.
  4. (en) Jane Austen statue unveiled in Basingstoke”. BBC News: 18 Julie 2017. URL besoek op 8 September 2018.