Bespreking:Puerto Rico

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Versmelt[wysig bron]

Gebruiker:Elana Barker, kan jy asb hierdie artikel wat jy geskep het, versmelt die artikel Puerto Rico wat die korrekte spelling is. Ek herinner jou weer eens, jou bron is 37 jaar oud. Maak asb. seker van jou feite voor jy dit so gebruik. Groete! Oesjaar (kontak) 14:51, 12 Junie 2019 (UTC)

  • Uitgevoer Uitgevoer – Dis darem 'n lekker tjailatyd! Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 19:30, 12 Junie 2019 (UTC)
Baie dankie SpesBona, ek het gesien jy het dit versmelt. Deon, ek het "Porto Rico" gesoek en niks gekry nie en dus aangeneem daar bestaan nie so 'n artikel nie. Vreemd dat die naam van plek se spelling nou anders is. Dit het niks te doen met die feit dat my bron 37 jaar oud is nie. Jy hoef my nie te herinner nie, ek is deeglik bewus daarvan dat ek met 'n ou bron werk. Ek probeer sover moontlik om intligting wat nie meer relevant is nie, te verwyder. Ongelukkig weet ek nie alles nie, so dit is hoekom daar menslike foute sal insluip. Ek is dankbaar vir die administrateurs wat so mooi help en bystand gee. Elana Barker (kontak) 07:54, 13 Junie 2019 (UTC)
Stem saam met Elana. Porto Rico is 'n alternatiewe spelling wat steeds gebruik word, selfs in 21ste eeuse Amerikaanse publikasies. Ek vermoed daar was en is sprekers van Engels (en ander tale) wat moeilikhede ondervind het met die Spaanse /ue/-diftong en die naam verander het na Porto Rico. Wat toevallig ook die amptelike Italiaanse en Portugese naam en spelling is. Voyageur (kontak) 08:08, 13 Junie 2019 (UTC)
@Elana Barker: baie dankie vir jou bydraes - dit is welkom en opbouend. Die feit dat jou bron oud is, is nie so belangrik nie. As die feite verander het, dan staan dit enigiemand vry om die artikel te wysig. – K175 (trap my uit | bydraes) 08:52, 13 Junie 2019 (UTC)
Baie dankie julle. Ek wil regtig kwaliteit bydraes maak. En Porto Rico maak logies net meer sin. Dit is wat die deursneë persoon sal insleutel om inligting rondom hierdie onderwerp te kry.
@Elana Barker: Ek het Porto Rico in die inleiding van die artikel bygevoeg. Ek waag maar met spanning op nuwe ontwikkelinge rakende die status van dié eilandnasie. Puerto Rico het oënskynlik die verkeerde amptelike taal om die 51ste deelstaat van die VSA te kan word. Die VSA sal glo "verspaans" indien die klein eilandjie amptelik sal aansluit. Ek is meer ten gunste van 'n onafhanklike Puerto Rico, nes 'n onafhanklike Kuba. Dis my eie beskeie mening.
Wat die ontbreek van lande, gebiede, hoofstede, ens. betref het ons dié pionierswerk al tien jaar gelede gedoen. Ek het saam met ander gebruikers lande, hoofstede, afhanklike gebiede en omstrede gebiede se artikels geskep. Daar is nie 'n enkele van hulle nie wat nie 'n eie artikel het nie. Van jou bydraes in genoemde artikels het ek al versorg en op datum gebring. Ek sal dit graag vir die komende lande (jy werk volgens die alfabet) ook wil doen. Dis juis hoekom ek die opmerking oor die Sowjetunie gemaak het. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 18:15, 13 Junie 2019 (UTC)