Bloukransrivierbrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Bloukransrivierbrug.
Bungee-springers op die dek onder die brug.
'n Brawe Bungee-springer waag sy lewe.

Die Bloukransrivierbrug is 'n boogbrug langs die Tuinroete met lengte van 451 meter en 'n horisontale span van 272 m. Die brug troon 216 m oor die bedding van die Bloukransrivier uit. Dit is 'n enkelboog-betonbrug wat tussen Februarie 1980 en Junie 1983 gebou is. Bloukransrivierbrug is die langste betonboogbrug in Afrika.[1]

N2 Nasionale pad[wysig | wysig bron]

Die N2 nasionale pad gaan oor die brug, wat die grens tussen die Oos- en Wes-Kaap vorm, tussen Nature's Valley en Coldstream. Dit is sowat 43 km oos van Plettenbergbaai — 'n ent anderkant die tolpad, as mens oos ry. Indien mens vanuit Port Elizabeth se rigting ry, is die brug 20 km wes van Stormsrivier.[2][3]

Bungee-spring[wysig | wysig bron]

Daar word gereeld Bungee-spronge vanaf die brug gemaak. Dit is per slot die hoogste Bungee-sprong ter wêreld.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. 2,0 2,1 Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
  3. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 33°58′02.1″S 23°38′42.6″O / 33.967250°S 23.645167°O / -33.967250; 23.645167