Bokserkrap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Bokserkrap
Xanthidae - Lybia tessellata.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Infraorde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. tessellata
Binomiale naam
Lybia tessellata
Sinonieme [1]
  • Grapse tessellata Latreille, 1812
  • Melia tessellata Latreille, 1812

Die bokserkrap (Lybia tessellata) is 'n ware krap wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die kus van oos-Afrika tot by KwaZulu-Natal. Die klein krap word maklik uitgeken aan sy room en pienkerige mosaise kleurpatroon. Die bene is dun, harig en bedek met wit kolletjies en donker strepe wat om die bene gaan. Dit bly saam met kleiner seeanemone in simbiose; hulle hou die anemone in hul kloue vir beskerming. Die krap gebruik ook die taai anemone om mikro-organismes van die water te vang en af te lek. Die anemone se voordeel is dat hulle meer kos kry. Dit is ook bekend dat die krappe somtyds die anemone vir sponse of korale verruil.

Die krappe bly in skeure in rots- en koraalriwwe tot in water wat 20 m diep is. Die spesie is raar in Suid-Afrika.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa, deur Dennis King & Valda Fraser, Struik Nature, 2014. ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Davie, Peter (2010). "Lybia tessellata (Latreille, in Milbert, 1812)". World Register of Marine Species. Besoek op February 20, 2012.