Botriviersuikerbos
Botriviersuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. compacta
|
Binomiale naam | |
Protea compacta R.Br., 1810
| |
Sinonieme | |
|
Die Botriviersuikerbos (Protea compacta) - ook bekend as die Kleinmondprotea - is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in Agulhas, van Kleinmond tot Bredasdorp. Die plant word 3.5 m hoog en blom van April tot September.
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0 - 200 m.
Deur stedelike groei, landbou en indringerplante het die plant die laaste 60 jaar (ongeveer 3 generasies) 'n geraamde 35% van sy voorkomsgebied en 23% van sy habitat verloor. Verder hibridiseer dit met kultivars wat vir snyblomme gekweek word.
In Engels staan dit as die Bot River Sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 87.1[1].
Galery
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Botriviersuikerbos.