Cameron van der Burgh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cameron van der Burgh

Cameron van der Burgh (gebore 25 Mei 1988, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse swemmer.[1] Hy neem sedert 2007 internasionaal aan swemkompetisies deel en het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008 en 2012 verteenwoordig.

Van der Burgh is in Pretoria gebaseer en word deur Dirk Lange afgerig. Hy is ’n student in B.Comm Regte aan die Universiteit van Pretoria.[2]

Toekennings[wysig]

Hy is in 2009, 2010 en 2011 deur Swimming World Magazine as die Afrika-swemmer van die Jaar aangewys.[3]

Rekords[wysig]

Van der Burgh bekom sy eerste langbaan-rekord (29;79) in April 2009 met die 50 m-borsslag in die halfeindstryd van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe. Hiermee sny hy Oleg Lisogor se wêreldrekord van 2002 met 0.12 sekondes. Hy wen sy eerste wêreldtitel in dieselfde jaar tydens die kampioenskappe in Rome, ook in die 50 m borsslag.

In 2010 wen hy die 50m-borsslag tydens Statebondspele met 'n tyd van 27.18 sekondes. Hiermee stel hy 'n nuwe Statebond-rekord op. Hy wen ook die 100m-wêreldtitel tydens die Kortbaan Wêreldkampioenskappe.

Tydens die Olimpiese Somerspele 2012 wen hy ’n goue medalje in die 100 m-borsslag vir mans. Hiermee stel hy ’n nuwe wêreldrekord op met ’n tyd van 58.46 sekondes. Na sy oorwinning betoon hy eer aan die ontslape wêreldkampioen Alexander Dale Oen[4]. Dit was ook Suid-Afrika se eerste medalje vir dié Spele.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Atleetprofiel – Cameron van der Burgh”. Saskok. URL besoek op 3 Oktober 2008. [dooie skakel]
  2. (en) Cameron van der Burgh”. (html) whoswho.co.za. URL besoek op 29 Julie 2012.
  3. (en) Span SA-profiel: Cameron van der Burgh”. (html) SouthAfrica.info: 10 Julie 2012. URL besoek op 29 Julie 2012.
  4. http://www.bbc.co.uk/sport/0/olympics/18904545