Cameron van der Burgh
Cameron van der Burgh OIS (gebore 25 Mei 1988, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse swemmer.[1] Hy neem sedert 2007 internasionaal aan swemkompetisies deel en het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008, 2012 en 2016 verteenwoordig.
Van der Burgh is in Pretoria gebaseer en word deur Dirk Lange afgerig. Hy is ’n student in B.Comm Regte aan die Universiteit van Pretoria.[2]
Toekennings
[wysig | wysig bron]Hy is in 2009, 2010 en 2011 deur Swimming World Magazine as die "Afrikaswemmer van die Jaar" aangewys.[3]
Rekords
[wysig | wysig bron]Van der Burgh bekom sy eerste langbaan-rekord (29;79) in April 2009 met die 50 m-borsslag in die halfeindstryd van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe. Hiermee sny hy Oleg Lisogor se wêreldrekord van 2002 met 0.12 sekondes. Hy wen sy eerste wêreldtitel in dieselfde jaar tydens die kampioenskappe in Rome, ook in die 50 m borsslag.
In 2010 wen hy die 50m-borsslag tydens Statebondspele met 'n tyd van 27.18 sekondes. Hiermee stel hy 'n nuwe Statebond-rekord op. Hy wen ook die 100m-wêreldtitel tydens die Kortbaan Wêreldkampioenskappe.
Tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen wen hy ’n gouemedalje in die 100 m-borsslag vir mans. Hiermee stel hy ’n nuwe wêreldrekord op met ’n tyd van 58.46 sekondes. Na sy oorwinning betoon hy eer aan die ontslape wêreldkampioen Alexander Dale Oen.[4] Dit was ook Suid-Afrika se eerste medalje vir dié Spele.
Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro wen hy ’n silwermedalje in die 100 m-borsslag vir mans.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Atleetprofiel – Cameron van der Burgh". Saskok. Besoek op 3 Oktober 2008. [dooie skakel]
- ↑ "Cameron van der Burgh" (html) (in Engels). whoswho.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 29 Julie 2012.
- ↑ (en) "Span SA-profiel: Cameron van der Burgh". SouthAfrica.info. 10 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 12 Augustus 2012. Besoek op 29 Julie 2012.
- ↑ (en) "Olympics swimming: Cameron van der Burgh wins 100m breaststroke". BBC. 29 Julie 2012. Besoek op 11 Augustus 2016.
- ↑ "Cameron van der Burgh wins SA's first medal" (in Engels). timeslive.co.za. 8 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 11 Augustus 2016.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Swemmer Cameron van der Burgh kondig uittrede aan. Maroela Media (12 Desember 2018). URL besoek op 12 Desember 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cameron van der Burgh.