Carl XVI Gustaf van Swede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Carl XVI Gustaf
Koning van Swede
Koning Carl XVI Gustaf, 2009
Koning Carl XVI Gustaf, 2009
Periode 15 September 1973 – hede
Voorganger Gustaf VI Adolf
Opvolger Kroonprinses Victoria
Huis Bernadotte
Eggenoot Silvia
Kinders Kroonprinses Victoria
Karl Philip
Madeleine
Vader Gustaf Adolf
Moeder Sibylla
Gebore 30 April 1946, Solna

Carl XVI Gustaf (Carl Gustaf Folke Hubertus; gebore op 30 April 1946 in Slot Haga te Solna) het op 15 September 1973 ná die afsterwe van sy grootvader, Koning Gustav VI Adolf, die Sweedse troon bestyg. As koning van Swede fungeer hy ook as die konstitusionele staatshoof van die land.

Koning Carl XVI Gustaf is die enigste seun van wyle Prins Gustaf Adolf, hertog van Västerbotten en Prinses Sibylla van Sakse-Coburg en Gotha. Hy is die sewende koning van die Huis van Bernadotte op die Sweedse troon. Carl XVI Gustaf het op 19 Junie 1976 met die Duits-gebore Silvia Sommerlath en huidige Koningin Silvia van Swede getrou. Slot Drottningsholm te Stockholm dien as hul koninklike woning.