Champagne Castle
Champagne Castle | |
---|---|
Ligging | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Hoogte | 3 377 meter bo seevlak |
Reeks | Drakensberge |
Koördinate | 29°04′53″S 29°19′41″O / 29.08139°S 29.32806°O |
Eerste bestyging | Vroeë 20ste eeu |
Eerste bestyger(s) | Ds. Stocker |
Maklikste roete | Stap |
Champagne Castle is 'n bergpiek in die Sentrale Drakensberge in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.[1] Dit is die tweede hoogste bergpiek in Suid-Afrika. Om dit lê ander pieke, waaronder Cathkinpiek (3 149 m), Sterkhorn (voorheen bekend as Mount Memory), Monk's Cowl en Dragon's Back.
Volgens oorlewering het twee onverskrokke bergklimmers, David Gray en majoor Grantham, die piek direk aan die voorkant van Cathkin af uitgeklim. Toe hulle hul oorwinning wou vier, val die bottel sjampanje op 'n rots stukkend en is die berg terstond Champagne Castle gedoop.
Cathkinpiek het sy naam aan 'n immigrant van Lanarkshire, Stephan Snyman, te danke. Snyman het die piek na 'n koppie in Glasgow, genaamd Cathkin Braes, genoem.[2]
Die Champagne Castle-hotel bied 'n praguitsig oor die bergpiek. Op die perseel is rondawels wat in 1941 deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is. Staproetes kan 'n entjie verder in die pad af, by Monk's Cowl, aangedurf word.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Dodds, David A. (1975). A Cradle of Rivers, The Natal Drakensberg. Cape Town: Centaur. p. 43. ISBN 0-908379-43-9.