Grysskuimnesboompadda
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Grysskuimnesboompadda | |
---|---|
In die Okavangodelta, Botswana | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. xerampelina
|
Binomiale naam | |
Chiromantis xerampelina Peters, 1854
|
Die grysskuimnesboompadda of suidelike skuimnesboompadda (Chiromantis xerampelina) is 'n paddaspesie in die Rhacophoridae-familie. Hulle kom voor in Angola, Botswana, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië, en Zimbabwe, en moontlik die Demokratiese Republiek van die Kongo en Somalië.
Die padda se natuurlike habitat is subtropiese of tropiese droë bos, droë savanne, vogtige savanne, subtropiese of tropiese droë of klam struikveld, subtropiese of tropiese droë laeveldse grasveld, subtropiese of tropiese seisoenaal nat of oorstroomde laeveldse grasveld, afwisselende varswatervleie, landbougrond, weiveld, landelike tuine, stedelike gebiede, ergvervalle ou woude, damme en waterslote.
Voortplanting
[wysig | wysig bron]Die grysskuimnesboompadda paar in wat beskryf kan word as die uiterste voorbeeld van poliandrie onder werweldiere. Die gelyktydige poliandrie begin wanneer 'n enkele wyfie eiers begin lê op 'n boomtak. Tot 12 mannetjies drom dan rondom haar saam en bevrug die eiers met sperma wat hulle met hul agterpote opswiep in 'n skuimnes. Die wyfie sal hulle tydelik verlaat om ontwatering te voorkom voordat sy na die nes terugkeer omdat die hele proses 'n paar uur kan duur.
Die nageslag van hierdie poliandriese ontmoetings is geneig om beter te oorleef as die eiers wat deur 'n enkele manlike padda bevrug is.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |