Demokratiese Republiek van die Kongo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
République démocratique du Congo
Demokratiese Republiek van die Kongo
Vlag van die Demokratiese Republiek van die Kongo Wapen van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Justice – Paix – Travail
(Frans vir: "Geregtigheid – Vrede – Arbeid")
Volkslied: Debout Congolais
(Frans vir: "Staan op, Kongolese")
Ligging van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Hoofstad Kinshasa

4°19′S 15°19′O / 4.317°S 15.317°O / -4.317; 15.317

Grootste stad Kinshasa
Amptelike tale Frans
Regering Unitêre semi-presidensiële
republiek
Joseph Kabila
Samy Badibanga
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van België


30 Junie 1960[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 345 409 km2  (11de)
905 355 myl2
4,3
Bevolking
 - 2015-skatting
 - Digtheid
 
81 680 000[2] (16de)
34,83 / km2
90,22 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$68,691 miljard[3]
$816[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$42,056 miljard[3]
$499[3]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,433[4] (176ste)  –  laag
Gini (2006) 44,4[5] –  medium
Geldeenheid Frank (CDF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT en SAT (UTC+1 en +2)
nie toegepas nie (UTC+1 en +2)
Internet-TLD .cd
Skakelkode +243

Die Demokratiese Republiek van die Kongo (Frans: République démocratique du Congo) is 'n land in Sentraal-Afrika en die tweede grootste land in AfrikaAlgerië. Dit grens aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Suid-Soedan aan die noorde, Uganda, Rwanda, Burundi, en Tanzanië aan die ooste, Zambië en Angola aan die suide, en die Republiek van die Kongo aan die weste. Die land het toegang tot die see deur 'n nou 40 km strook, langs die Kongorivier tot in die Golf van Guinee. Die naam "Kongo", wat jagter beteken, is afkomstig van die Bakongo-stam wat naby die Kongorivier kom woon het.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo is ryk aan natuurlike hulpbronne, maar politieke onstabiliteit, korrupsie en gebrek aan infrastruktuur belemmer die land se ontwikkeling, natuurlike hulpbron onttrekking en gebruik. Uitsluitende die hoofstad, Kinshasa, die ander groot stad, Lubumbashi en Mbuji-Mayi is 'n mineraal mynbou plekke.

Geografie[wysig | wysig bron]

Satellietbeeld van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Kaart van die Demokratiese Republiek van die Kongo

Die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) is geleë in die sentrale Afrika suid van die Sahara, begrens deur (kloksgewys van die suidweste) Angola, die Suid-Atlantiese Oseaan, die Republiek van die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan, Uganda, Rwanda, Burundi, Tanzanië oor die Tanganjika-meer en Zambië. Dit lê weerskante van die ewenaar, met 'n derde in die Noordelike en twee-derdes in die Suidelike Halfrond. Die grootte van die Kongo, 2 345 408 vierkante kilometer (905 567 vierkante myl), is effens groter as die gesamentlike gebiede van Spanje, Frankryk, Duitsland, Swede en Noorweë. Die Demokratiese Republiek van die Kongo is die grootste land volgens oppervlakte van Afrika suid van die Sahara, die tweede grootste in Afrika en die 11de grootste ter wêreld.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Kongobekken het in 1877 'n Belgiese kolonie geword en in 1885 'n privaatkolonie van koning Leopold II, die Kongo-Vrystaat. Hierdie tydperk staan veral vir die Kongo-gruweldade van die Belge aan die inheemse bevolking bekend. In 1908 het die Belgiese parlement die Kongo in 'n "normale" Belgiese kolonie omskep en die koninklike Kongo-Vrystaat ontbind. Tydens die Eerste Wêreldoorlog in Afrika het Belgiese en inheemse soldate aan die Oos-Afrika-veldtog deelgeneem en saam met ander Geallieerdes teen Duitse troepe in Duits-Oos-Afrika geveg.

In 1960, die Afrikajaar het die Kongo onafhanklik van België geword met Patrice Lumumba as eerste eerste minister, wat reeds in 1961, tydens die Kongo-krisis vermoor is. In 1965 het Mobutu Sese Seko president geword en in 1971 is dié land in Zaïre herdoop. In 1997, ná die oorlede van Mobutu Sese Seko, is weer die naam Demokratiese Republiek van die Kongo aanvaar.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Anders as in die meeste ontwikkelende Afrikalande is landbou nie die belangrikste ekonomiese basis van die land nie, maar die mynbou. Die Demokratiese Republiek van die Kongo is die vernaamste verskaffer van nywerheidsdiamante op die wêreldmark en voer daarnaas ook groot hoeveelhede kobalt, koper, goud, silwer, tin, sink, mangaan, kadmium, germanium en ru-olie uit. Korrupsie en burgeroorloë het 'n ernstige nadelige uitwerking op die ekonomiese vooruitgang van die land, ondanks sy groot natuurlike hulpbronne.

Demografie[wysig | wysig bron]

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het in 2015 'n bevolking van 81 680 000 gehad en is daarmee die digsbevolkte Franssprekende land, die vierde mees bevolkte land in Afrika en die 18de mees bevolkte land ter wêreld.

Politiek[wysig | wysig bron]

President Joseph Kabila

Die huidige staatshoof is president Joseph Kabila en die eerste minister is Samy Badibanga.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Central Intelligence Agency (21 November 2016). “Congo, Democratic Republic of the”. The World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 9 Desember 2016.
  2. (en) 5. Report for Selected Countries and Subjects – Democratic Republic of the Congo”. Internasionale Monetêre Fonds: Maart 2015. URL besoek op 9 Desember 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Democratic Republic of the Congo”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 9 Desember 2016.
  4. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 9 Desember 2016.
  5. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 1 Augustus 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika