Choelchoeta
Voorkoms
Choelchoeta Хулхута | |
---|---|
Dorpie | |
Choelchoeta se hoofstraat | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 46°19′11″N 46°22′29″O / 46.31972°N 46.37472°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Jasjkoel |
Bevolking | |
• Totaal | 503 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359160 |
Choelchoeta (Russies: Хулхута, Kalmikies: Хулхта) is 'n dorpie in Jasjkoel-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Choelchoeta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Rasswet en Stepnoi, insluit. Dit lê naby die grens met Astrachan-oblast 162 kilometer oos van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir "oorwas".[1]
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens Sensus 2010 het Choelchoeta 495 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 200 | 40,4% |
Kasakke | 96 | 19,4% |
Dargine | 47 | 9,5% |
Tsjetsjniërs | 46 | 9,3% |
Aware | 36 | 7,3% |
Ingoesjetiërs | 30 | 6,1% |
Russe | 23 | 4,6% |
Roetoele | 13 | 2,6% |
Koemikke | 4 | 0,8% |
Totaal | 495 | 100% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 5 Augustus 2023.