Christiaan Thielemann

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Christiaan Thielemann repeteer by die Weense Staatsopera, 2015

Christiaan Thielemann (gebore op 1 April 1959 in Wes-Berlyn) is 'n Duitse dirigent. Hy is die hoofdirigent van die Staatskapelle Dresden en die Direkteur van die Salzburg Paas-fees.

Biografie en loopbaan[wysig | wysig bron]

Thielemann het altviool en klavier by die Hochschule für Musik in Berlyn studeer en privaatlesse in komposisie en dirigeer geneem voordat hy op die ouderdom van negentien jaar 'n répétiteur by die Deutsche Oper Berlin onder Heinrich Hollreiser[1] geword het en as Herbert von Karajan se assistent gewerk het.[2] Hy het by 'n aantal kleiner Duitse teaters gewerk, insluitende die Musiktheater im Revier in Gelsenkirchen in Karlsruhe, Hanover, by Düsseldorf se Deutsche Oper am Rhein as Eerste Kapellmeister en in Nürnberg as Generalmusikdirektor voordat hy in 1991 na die Deutsche Oper Berlin teruggekeer het om Wagner se Lohengrin te dirigeer. Gedurende hierdie tyd het hy ook vir Daniel Barenboim by die Bayreuth Festspielhaus bygestaan.

Sy 1991/92 seisoen buiging in die VSA, waartydens hy 'n nuwe produksie van Strauss se Elektra in San Francisco gedirigeer het was gou gevolg deur verbintenisse by die Metropolitan Opera in New York. In 1997 het hy Generalmusikdirektor van die Deutsche Oper Berlin geword. 'n Verslag in 2000 het melding daarvan gemaak dat Thielemann die Deutsche Oper in 2001 sou verlaat vanweë artistieke konflikte met die toe-inkomende artistieke direkteur Udo Zimmermann.[3] Thielemann het tot 2004 by die geselskap gebly toe hy bedank het vanweë meningsverskille betreffende die Berlynse stad befondsing tussen die Deutsche Oper en die Staatsoper Unter den Linden.[4]

Thielemann het in September 2004 hoofdirigent en musiekdirekteur van die München Filharmoniese Orkes geword. Hy het uit die posisie bedank in 2011 na meningsverskille met die orkesbestuur oor die finale goedkeuring van die kies van gas-dirigente en programme vir die orkes.[5] In Oktober 2009 het die Sächsische Staatskapelle Dresden die aanstelling van Thielemann as die orkes se nuwe hoofdirigent aangekondig, met ingang van die 2012/13 seisoen.[6] Sy huidige kontrak met Dresden is met inbegrip van 2019.[7] In November 2017 het die Staatskapelle Dresden die verlenging van Thielemann se kontrak as die orkes se hoofdirigent aangekondig, met inbegrip van 31 Julie 2024.[8]

Thielemann tree gereeld as dirigent op tydens die Bayreuth-fees, na sy debuut in 2000 met die dirigeer van Wagner se Die Meistersinger von Nürnberg, en by die Salzburg-fees.[9] Met die besluit in September 2008 van die Richard Wagner Fees Stigting om Katharina Wagner en Eva Wagner-Pasquier aan te stel om Wolfgang Wagner as direkteure van die Bayreuth-fees op te volg, was Thielemann as Musikale Adviseur benoem.[10] In Junie 2015 het die Bayreuth-fees formeel vir Thielemann as die fees se nuwe musiekdirekteur aangekondig.[11]

In 2003 was die Orde van Verdienstelikheid ) van die Federale Republiek van Duitsland) aan Thielemann toegeken. (Duits: Bundesverdienstkreuz).[12] In Oktober 2011 het hy erelidmaatskap van die Koninklike Akademie van Musiek in Londen ontvang. In 2015 het Thielemann die Richard Wagner-prys van Leipzig gewen (Duits: Richard-Wagner-Preis).[13] Hy het in Januarie 2016 as die Humanitas Besoekende Professor in Operastudies by Oxford-universiteit gedien. Hy het in 2019 vir die eerste keer die Weense Filharmoniese Orkes tydens die Nuwejaarskonsert gedirigeer.

Opnames[wysig | wysig bron]

Vir Sony Music

Vir Profil

Vir Opus Arte

Vir Brilliant Classics

vir Decca

Vir Deutsche Grammophon

Vir EMI Classics

  • Richard Wagner en Richard Strauss, Arias deur René Kollo, Orkes van die Deutsche Oper Berlin, 1992

Vir Unitel Classica

TV en film produksies[wysig | wysig bron]

Produksies oor Thielemann[wysig | wysig bron]

  • Christian Thielemann, dokumentêre film, Duitsland, 2012, geregisseer deur Mathias Siebert, geproduseer deur Bremedia Produktion, Radio Bremen, MDR, in die uitgawe/episode Deutschland, deine Künstler. Inligting by ARD, Aanlyn-Video
  • Christian Thielemann – Romantischer Querkopf, dokumentêre film deur Felix Schmidt, 2007, geproduseer deur FTS Media en Unitel, mede-geproduseer deur Classica
  • Deurnag met Christoph Schlingensief en Christiaan Thielemann (Durch die Nacht mit ...), dokumentêre film, Duitsland, 2002, geregisseer deur: Edda Baumann-von Broen en Daniel Finkernagel, geproduseer deur: avanti media, ZDF en arte. Inligting deur avanti media

Produksies met Thielemann[wysig | wysig bron]

  • Frederick die Grote Mengsel (Der Große Friedrich Remix - Musik um den Preußenkönig), geregisseer deur Friederike Schlumbom, 18 Oktober 2012, Rundfunk Berlin-Brandenburg
  • Ontdek Beethoven (Beethoven entdecken), dokumentêre TV-reeks, Duitsland, Oostenryk, 2011, geregisseer deur Christoph Engel en Anca-Monica Pandelea, geproduseer deur: Unitel Classica, ORF, ZDF, 3sat
    Joachim Kaiser en Christiaan Thielemann gesels oor die nege simfonieë deur Ludwig van Beethoven. Inligting en video deur sky arts

Verdere leeswerk[wysig | wysig bron]

  • Christian Thielemann. Ein Portrait – Warnecke, Kläre (2003), Henschel, Berlyn. ISBN 3-89487-465-1

Ander werke[wysig | wysig bron]

  • Mein Leben mit Wagner – Thielemann, Christian (2012), Beck, München. ISBN 978-3-406-63446-8
  • Friedrichstein. Das Schloss der Grafen von Dönhoff in Ostpreußen – Heck, Kilian and Thielemann, Christian (2006), Deutscher Kunstverlag, München/ Berlyn. ISBN 3-422-06593-8

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Obituary for Heinrich Hollreiser". The Times. 28 Augustus 2006. Besoek op 24 February 2007. Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  2. Warnecke (2003)
  3. "Berlin's maestros out of tune in race rown". The Observer. 29 Oktober 2000. Besoek op 24 Maart 2007. Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |outeur= geïgnoreer (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  4. "Berlin opera chief quits in cash row". The Daily Telegraph. 18 Mei 2004. Besoek op 24 Februarie 2007. Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |outeur= geïgnoreer (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  5. ""Intrigantenstadel" – Philharmoniker ausgebuht". Süddeutsche Zeitung. 16 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2009. Besoek op 17 Oktober 2009. Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  6. . Persberig. http://www.staatskapelle-dresden.de/staatskapelle/christian-thielemann. Besoek op 4 Desember 2010. 
  7. "Bei der Staatskapelle Dresden beginnt die Thielemann-Ära". Die Zeit. 27 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2017. Besoek op 25 Oktober 2014. Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  8. . Persberig. http://www.staatskapelle-dresden.de/news/article/vertragsverlaengerung-von-christian-thielemann-beschlossen/56180/. Besoek op 2017-12-01. 
  9. Moss, Stephen (20 Julie 2006). "'The only star here is dead'". The Guardian. Besoek op 7 Mei 2016. Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  10. "Looking back and looking forward". 28 Augustus 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2010. Besoek op 4 Desember 2010. Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help); Onbekende parameter |uitgewer= geïgnoreer (help)
  11. "Christian Thielemann wird Musikdirektor in Bayreuth". Der Tagesspiegel. 29 Junie 2015. Besoek op 29 Junie 2015. Onbekende parameter |werk= geïgnoreer (|work= voorgestel) (help); Onbekende parameter |titel= geïgnoreer (|title= voorgestel) (help); Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help)
  12. Senatskanzlei (25 September 2003). "Wowereit überreicht Generalmusikdirektor Thielemann Bundesverdienstkreuz". Besoek op 4 Desember 2010. Onbekende parameter |datum= geïgnoreer (|date= voorgestel) (help); Onbekende parameter |uitgewer= geïgnoreer (help)
  13. Richard Wagner Award for conductor Thielemann, News Directory, 4 Maart 2015. Geargiveer op Wayback Machine

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]