Gaan na inhoud

Ciarán Hinds

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ciarán Hinds
Ciarán Hinds (2022)
Gebore
Alma materRoyal Academy of Dramatic Art (1975)
BeroepAkteur
EggenootHélène Patarot (trou 1987)
KindersAoife Hinds (dogter)

Ciarán Hinds (/ˈkɪərən ˈhndz/[1]) is 'n Ierse akteur. Hy is gebore in Belfast, Noord-Ierland in 1953, en is bekend vir sy veelsydigheid as akteur op die skerm en die verhoog. Hy het gespeel in rolprente soos The Cook, the Thief, His Wife & Her Lover (1989), Persuasion (1995), Oscar and Lucinda (1997), Road to Perdition (2002), The Sum of All Fears (2002), Munich (2005), Amazing Grace (2007), There Will Be Blood (2007), Miss Pettigrew Lives for a Day (2008), Harry Potter and the Deathly Hallows – Part 2 (2011), Tinker Tailor Soldier Spy (2011), Silence (2016), First Man (2018) en Belfast (2021). Hy is genomineer vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Akteur vir laasgenoemde rolprent.

Hinds is verdermeer bekend vir sy stemrol "Grand Pabbie", die Trolkoning in die geanimeerde rolprent Frozen en die opvolg daarop, Frozen II (2019). Hy het die rol vertolk van Generaal Zakharow in Red Sparrow (2018). Hy het ook die rol vertolk van "Steppenwolf" in Zack Snyder se Justice League (2017) en die regisseurssnit daarop van 2021. Sy televisierolle sluit in Julius Caesar in die reeks Rome, James Langton in Above Suspicion en Mance Rayder in Game of Thrones. Benewens die bogemelde, het Hinds ook verskyn in seisoen 3 van die reeks Shetland (2016), wat deur ITV vervaardig is. As verhoogkunstenaar het Hinds opgetree saam met die Royal Shakespeare Company, die Royal National Theatre, en ses seisoene saam met die Glasgow Citizens' Theatre.[2][3] Hy het regdeur sy loopbaan verhoogwerk gedoen. In 2020 is hy gelys as nommer 31 op The Irish Times se lys van Ierland se grootste akteurs.[4]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Hinds is gebore in 1953 in Belfast, Noord-Ierland, VK. Hy is grootgemaak in sy geboorteland as 'n Katoliek,[5] en was een van vyf kinders en die enigste seun van sy geneeskundige-vader Gerry en sy moeder Moya, 'n onderwyseres en amateuraktrise.[6][7]

In sy jeug was hy 'n danser, en is opgevoed aan die Holy Family Primêre Skool en St Malachy's College. Nadat hy St Malachy's verlaat het, het hy gestudeer aan die College of Business Studies, voordat hy ingeskryf het as regstudent aan die Queen's University Belfast. Hy is egter spoedig oortuig om hom as akteur te bekwaam, waarna hy sy studies aan die universiteit gestaak het en ingeskryf het aan die Royal Academy of Dramatic Art,[8][9][10][11] waar hy in 1975 klaargemaak het.[12]

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Hinds woon in Parys saam met sy vrou, die Frans-Viëtnamese aktrise Hélène Patarot. Hulle het in 1987 ontmoet. Hul dogter, Aoife Hinds (gebore in 1991 in Londen) is ook 'n aktrise[13] en het verskyn in die TV-reekse Derry Girls en Normal People en die film Hellraiser (2022).[14]

Pryse en benoemings[wysig | wysig bron]

Jaar Prys Kategorie Werk Resultaat Verw
1999 Theatre World Award Beste Debuut Closer Gewen
Outer Circle Critics Award Beste Opvoering, Ensemble rolverdeling
Drama Desk Awards Voortreflike Akteur in 'n toneelstuk Benoem
2003 Ierse Film- en Televisietoekennings Beste Ondersteunende Akteur Veronica Guerin
2004 Beste Akteur in 'n TV Drama The Mayor of Casterbridge Gewen
2007 Beste Akteur in 'n hoofrol op televisie Rome
Gotham Awards Beste Ensemble Opvoering Margot at the Wedding Benoem
2009 Tribeca Filmfees Beste Akteur as Verteller The Eclipse Gewen [15]
2010 Internasionale Dublin Filmfees Loopbaan-prestasietoekenning N/A
Ierse Film- en televisietoekennings Beste Ondersteunende Akteur – Film The Eclipse Benoem
Gotham Awards Beste Ensemble Opvoering Life During Wartime
2012 Ierse Film- en televisietoekennings Beste Ondersteunende Akteur – Film The Debt
Beste Akteur – Film Tinker Tailor Soldier Spy
Central Ohio Film Critics Association Beste Ensemble Opvoering Gewen
Gold Derby-toekennings Ensemble Opvoering Harry Potter and the Deathly Hallows: Part II Benoem
2013 Ierse Film- en televisietoekennings Beste Ondersteunende Akteur – Film The Woman in Black
OFTA Televisietoekennings Beste Gasakteur in 'n dramareeks Game of Thrones
2014 Ierse Film- en televisietoekennings Beste Hoofakteur – Film The Sea
Behind the Voice Actors Awards Beste vokale ensemble in 'n film Frozen Gewen
2017 Ierse Film- en televisietoekennings Beste Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Film Bleed for This Benoem
2018 Laurence Olivier-toekennings Beste Akteur in 'n Musiekblyspel Girl from the North Country
2021 Ierse Film- en televisietoekennings Beste Akteur in 'n Hoofrol – Film The Man in the Hat
National Board of Review-toekennings vir 2021 Beste Ondersteunende Akteur Belfast Gewen
Palm Springs Internasionale Filmfees Chairman's Vanguard Award
British Independent Film Awards Beste Ondersteunende Akteur Benoem
Washington D.C. Area Film Critics Association Beste Ondersteunende Akteur
2022 Satellite Awards Beste Ondersteunende Akteur
Screen Actors Guild Awards Voortreflike Opvoering deur Ensemble-rolverdeling in 'n Rolprent
Critics Choice Movie Awards Beste Ondersteunende Akteur
Beste Ensemble Gewen
Hollywood Critics Association Beste Ondersteunende Akteur Benoem
Beste Ensemble – Rolverdeling Gewen
Golden Globe Beste Ondersteunende Akteur Benoem [16]
Ierse Film- en televisietoekennings Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Film Gewen
Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Drama KIN
Britse Akademie-filmtoekennings (BAFTA's) Beste Ondersteunende Akteur Belfast Benoem [17]
Oscars Beste Ondersteunende Akteur [18]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Irish names 101 with actor Ciaran Hinds". Associated Press. 20 Junie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2020. Besoek op 17 Oktober 2018.{{cite news}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  2. "',Jane Eyre', Interview, A&E". Angelfire.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2012. Besoek op 3 Mei 2011.
  3. "',Festive T.V. Back from the Dead', Manchester Online". Ciaranhinds.eu. 22 Desember 2003. Besoek op 3 Mei 2011.
  4. Clarke, Donald; Brady, Tara. "The 50 greatest Irish film actors of all time – in order". The Irish Times (in Engels). Besoek op 24 November 2020.
  5. Barlow, Helen (25 April 2010). "His mild Irish heart". The Age. Australia. Besoek op 9 September 2010.
  6. "Mother of actor Hinds led full life mourners told".
  7. "HINDS, Moya : Death : Irish Times". The Irish Times. Besoek op 15 Februarie 2022.
  8. [1]Geargiveer 8 Oktober 2007 op Wayback Machine
  9. "A Familiar Face". Ciaranhinds.eu. 28 Januarie 2006. Besoek op 3 Mei 2011.
  10. "Star Ciarán's early career was a drag". Belfast Telegraph. 3 Februarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2008. Besoek op 3 Mei 2011.
  11. "From Belfast to Broadway". The Herald Magazine. Ciaranhinds.eu. 23 Februarie 2008. Besoek op 3 Mei 2011.
  12. "RADA 1975". RADA.
  13. "Ciarán Hinds – Biography". Ciaranhinds.eu. Besoek op 3 Mei 2011.
  14. Lang, Brent (7 Oktober 2021). "'Hellraiser' Reboot Unveils Full Cast, Including Jamie Clayton as Pinhead". Variety. Besoek op 7 Oktober 2021.
  15. Dwyner, Michael (2 Mei 2009). "Ciarán Hinds voted best actor at film festival in New York". The Irish Times. Besoek op 4 Desember 2021.
  16. Buchanan, Kyle (13 Desember 2021). "Golden Globes Nominations 2022: The Complete List". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 3 Februarie 2022.
  17. "2022 BAFTA nominations: 'Dune' leads with 11, acting categories see major surprises and snubs". AwardsWatch (in Engels (VSA)). 3 Februarie 2022. Besoek op 3 Februarie 2022.
  18. "2022". Oscars.org | Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). Besoek op 8 Februarie 2022.

Ander leesmateriaal[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]