Gaan na inhoud

Daimler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Daimler AG)
Daimler AG
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 2007
Hoofkantoor Stuttgart, Baden-WürttembergDuitsland
SleutelpersoneDieter Zetsche (voorsitter van die bestuursraad)
Manfred Bischoff (voorsitter van die toesighoudende raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotors, handelsvoertuie
Inkomste€153,261 miljard (2016)[1]
Bedryfsinkomste€12.902 miljard (2016)[1]
Netto inkomste€8.784 miljard (2016)[1]
Werknemers284 482 (2016)[2]
MoedermaatskappyInstitusionele aandeelhouers[3] (70,3%)
Private aandeelhouers (19,8%)
Kuwait Investment Authority (6,8%)
Renault–Nissan Alliance (3,1%)
DivisiesMercedes-Benz
Smart
Dogter-
maatskappye
Eurohypo, Dresdner Bank
SlagspreukVervoer
  • Aston Martin (5%)
  • EvoBus GmbH
    • Setra
  • Daimler Trucks North America
    • Freightliner Trucks
    • Thomas Built Buses
    • Western Star Trucks
  • Mercedes-Benz Mexico
  • Mitsubishi Fuso Truck and Bus Corporation (89,29%)
  • Daimler India Commercial Vehicles
    • BharatBenz
  • Mercedes-Benz India
  • Master Motors
  • Manufacturing Commercial Vehicles

Sport

  • Mercedes-AMG

Motortegnologie

  • Automotive Fuel Cell Cooperation (50,1%)

Enjins

  • Engine Holding

Finansies

  • Daimler Financial Services
    • Mercedes-Benz Bank
    • Mercedes-Benz Financial
    • Daimler Truck Financial

Ander

  • Detroit Diesel
  • Here

Internasionaal

  • Daimler do Brasil
  • Daimler South Africa
  • Daimler Australia
  • Daimler Korea
  • Daimler South East Asia
Webwerfdaimler.com

Daimler AG (Duits: [ˈdaɪmlɐ aːˈɡeː], , voorheen DaimlerChrysler AG, is 'n transnasionale maatskappy in die motor-industrie. Voor die samesmelting met Chrysler het die besigheid Daimler-Benz AG geheet. Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur.[4][verwysing benodig]

In 2014 was die maatskappy se omset € 130 miljard en het hulle 2,5 miljoen voertuie vervaardig, waarvan 1,7 miljoen passasiersmotors was.[5] In dieselfde jaar het die maatskappy 280 000 werknemers in diens gehad, waarvan ongeveer 180 000 in Europa was.[5] In die periode 2010 tot 2014 het Daimler meer as € 10 miljard per jaar geïnvesteer, waarvan ongeveer die helfte aan navorsing en ontwikkeling, en die ander helfte aan produksiefasiliteite en oornames spandeer is.[5]

DaimlerChrysler, die maatskappy se voorganger, is in 1998 gevorm toe Daimler-Benz met die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler saamgesmelt het. Hulle het onder meer Mercedes-Benz-, Chrysler- en Jeep-voertuie vervaardig. Die Chrysler-aandeel is egter weer in 2007 verkoop.

Handelsmerke

[wysig | wysig bron]

Motorvoertuie

[wysig | wysig bron]
Daimler se hoofkantoor in Stuttgart.
Fabriek in Hamburg.

Vragmotors

[wysig | wysig bron]
  • Mercedes-Benz
  • Freightliner
  • Western Star
  • Saurer
  • Sterling
  • Mitsubishi Fuso

Busse

[wysig | wysig bron]

Dienste

[wysig | wysig bron]
  • Motoronderdele Car2Go[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Daimler AG 2016 Fact Sheet" (PDF) (in Engels). Daimler AG. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2017. Besoek op 19 September 2017.
  2. "Daimler AG Q3 2016 Interim Report" (PDF) (in Engels). Daimler AG. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2017. Besoek op 19 September 2017.
  3. "shareholder structure" (in Engels). Daimler. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 19 September 2017.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  5. 5,0 5,1 5,2 (en) Daimler Annual report 2014, geraadpleeg op 10 Maart 2015
  6. (en) The history behind the Mercedes-Benz brand and the three-pointed star Geargiveer 25 Oktober 2010 op Wayback Machine. eMercedesBenz.com. 17 April 2008. Mercédès Jellinek was 'n jong meisie, en Karl Benz 'n motorvervaardiger
  7. "car2go". Daimler (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2019. Besoek op 22 Desember 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]