Daphne du Maurier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Daphne du Maurier
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Daphne du Maurier as jong dame (omstreeks 1930)

Gebore 13 Mei 1907
Londen, Engeland
Oorlede 19 April 1989 (op 81)
Fowey, Cornwall, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroep Skrywer
Bekend vir Rebecca
The Scapegoat
The Birds
Jamaica Inn
My Cousin Rachel
Eerbewyse National Book Award (VSA)
Huweliksmaat Lt.-Gen. Sir Frederick Browning (1932 tot sy afsterwe in 1965)
Kind(ers) Tessa, Flavia en Christian
Webblad http://www.dumaurier.org

Dame Daphne du Maurier, Lady Browning, DBE 1969 ([duː_ˈmɒrieɪ]; * 13 Mei 1907, † 19 April 1989) was 'n Engelse skrywer van romans, kortverhale en toneelstukke. Alhoewel haar werke dikwels as romanties gekategoriseer word, het hulle ondertone van die bonatuurlike.

Romans soos Rebecca, waarmee sy haar deurbraak behaal het, is ondanks hul kommersiële sukses aanvanklik nie gunstig ontvang deur literêre kritici nie. Intussen word Daphne du Maurier gewaardeer vir haar meesterlike vertelkuns en is enkele van haar groot suksesverhale vir die silwerdoek verwerk - naas Rebecca ook My Cousin Rachel, Jamaica Inn, en die kortverhale The Birds en Don't Look Now.

Du Maurier het 'n groot deel van haar lewe in Cornwall deurgebring waar ook die meeste van haar romans afspeel.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Literêre invloede
Verfilmings
Cornwall
Brexit