Dareios I van Persië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dareios I van Persië
Koning van konings van Persië
Dareios I van Persië
Dareios I van Persië
Vorstehuis Achaemeese dinastie
Titels Groot Koning (Sjah) van Persië
Farao van Egipte
Regeer September 522 v.C. – Oktober 486 v.C.
Volle naam Dārayava(h)uš
Voorganger Bardiya
Opvolger Xerxes die Grote
Gebore 550 v.C.; Persië
Oorlede Oktober 486 v.C.; Persië
Begrawe Naqsh-e Rustam
Eggenoot Atossa
Vader Hystaspes
Moeder Rhodogune
Godsdiens Zoroastrisme

Dareios I, ook bekend as Darius I of Darius die Grote, was die derde koning van die Achaemeense ryk. Dareios het oor die ryk regeer tydens die hoogtepunt daarvan, met inbegrip van Egipte en dele van Griekeland. Die verval en val van die ryk het met sy dood en die kroning van sy seun, Ahasveros,[1] 'n aanvang geneem.

Dareios het die troon bestyg deur 'n sluipmoord uit te voer op die beweerde usurpator Bardija, met die bystand van ses ander Persiese adelfamilies; Dareios is die volgende oggend gekroon. Die nuwe keiser het las gehad van opstande regdeur sy ryk, maar het telkens daarin geslaag om dit te onderdruk. 'n Hoofepisode in die lewe van Dareios was sy strafekspedisie teen Athene en Eretria, en die onderwerping van Griekeland. Dareios het sy ryk uitgebrei deur die inname van Thrakië en Makedonië, en die Saka binnegeval, Irannese stamme wat Medië binnegeval het en selfs Kores die Grote dood gemaak het.[2]

Dareios het die ryk georganiseer deur dit in provinsies onder te verdeel, waaroor elk 'n regerende goewerneur aangestel is. Hy het 'n nuwe geldstelsel ingevoer, asook Aramees ingestel as die amptelike taal van die ryk. Dareios het ook konstruksieprojekte aangevoer regdeur die ryk, met die fokus op Soesa, Babilon en Egipte. Dareios het 'n regstelsel vir Egipte laat opstel. Hy het verder die Behistoen-inskripsie op 'n kranswand laat uitkerf, 'n outobiografie wat van groot moderne taalwetenskaplike belang is.

Verwysings[wysig]

Dareios I van Persië
Achaemeense dinastie
Gebore: 550 v.C. Oorlede: 486 v.C.
Voorafgegaan deur:
Bardiya
Groot Koning (Sjah) van Persië
522 v.C.–486 v.C.
Opgevolg deur:
Xerxes die Grote
Farao van Egipte
522 v.C.–486 v.C.