Davidson Don Tengo Jabavu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Davidson Don Tengo Jabavu
John Tengo Jabavu and his son Davidson Don Tengo, around 1903.jpg
Davidson Don Tengo Jabavu met sy vader John Tengo Jabavu omstreeks 1903.
Gebore20 Oktober 1885
Sterf3 Augustus 1959 (op 73)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer en anti-apartheidsaktivis
Ouer(s)John Tengo Jabavu
Elda Sakuba

Davidson Don Tengo Jabavu (20 Oktober 18853 Augustus 1959) was 'n swart dosent en politieke leier wat in King William’s Town in die destydse Kaapkolonie gebore is. Hy was die oudste seun van John Tengo Jabavu, redakteur van die eerste koerant in 'n swart taal in Suid-Afrika.

Davidson Don Tengo Jabavu het die Lovedale-sendinginstituut in Kaapstad, die Morija-opleidingskollege in Lesotho, en die Opleidingsinstituut van Colwyn Bay in Wallis bygewoon. Nadat hy 'n B.A.-graad by die Londen-universiteit verwerf het, asook 'n onderwyssertifikaat by Birmingham-universiteit in Brittanje, is hy in 1916 by die South African Native College by Fort Hare as die eerste swart professor aldaar aangestel, waar hy tale gedoseer het. Hy het vir meer as dertig jaar by die universiteit aangebly en ondere andere 'n swart onderwysersvereniging gestig wat hulle beywer het vir beter landboumetodes, die waarde van hande-arbeid beklemtoon het en om rassesamewerking gepleit het. Hy was President van die All-Africa Convention (AAC), wat gekant was teen die segregasiewette wat in 1936 deur die Hertzog-regering in Suid-Afrika aanvaar is.

Die Rhodes-universiteit het in 1954 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken.

Publikasies[wysig | wysig bron]

Sy publikasies sluit in:

  • The Black Problem (1920)
  • The Segregation Fallacy and Other Papers (1928)
  • The life of John Tengo Jabavu, editor of Imvo Zabantsundu (1922)
  • IziDungulwana (1958)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]