Deelteken en umlaut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Deelteken)
Spring na: navigasie, soek
Drie Duitse stede op hierdie bordjie bevat die letter "ü" (in die Duits "U umlaut")

'n Deelteken en 'n umlaut is albei diakritiese tekens met twee punte wat bo-op 'n letter geplaas word. Alhoewel hierdie twee diakritieke dieselfde lyk, vervul hulle verskillende funksies.

Deeltekens word gebruik ter wille van uitspraak en om verwarring voor te kom, veral waneer die klinker in twee deele uitgespraak word, byvoorbeeld die woord "hoer" het 'n enkele klinker, maar die woord "hoër" het 'n dubbele klinker.

Die umlaut word gebruik om die uitspraak van die klinker te verander en word dikwels in Duits gebruik. Waneer dit nie moontlik is om 'n umlaut in Duits te gebruik nie, is nog 'n klinker by die woord ingevoeg, byvoorbeeld "Müller" word as "Meuller" geskryf.

Verteenwoordiging in Unicode[wysig | wysig bron]

Die deelteken en die umlaut gebruik dieselfde kode in Unicode.

In die oorsponklike ASCII kodes wat uit 95 teken bestaan het, was dit nie moontlik om diakritiese tekens te gebruik nie. Vanaf 1984 is 15 verskilende alfabete onder die titels ISO 8859-1 tot ISO 8859-16 ontwikkel. ISO 8859-1 word in Wes-Europa gebruik, ISO 8859-2 in Oos Europa en so voorts. Elke alfabet bevat die oorsponklike 95 tekens van ASCII en nog 95 tekens daarbei. Deeltekens en umlaute is in hierdie alfabete te vinde. Al die tekens in ISO 8859 gebruik net een greep. Vanaf 1991 is UNICODE ontwikkel met die doel om 'n enkele alfabet te maak met een of meer grepe per teken. Tekens in UNICODE mag twee grepe bevat

Die mees bekende tekens met umlauts of deeltekens volg hieronder:

Umlauts
Teken Vervanging HTML Unicode
Ä
ä
A or Ae
a or ae
Ä
ä
U+00C4
U+00E4
Ö
ö
O or Oe
o or oe
Ö
ö
U+00D6
U+00F6
Ü
ü
U or Ue
u or ue
Ü
ü
U+00DC
U+00FC
Deeltekens
Teken HTML Unicode
Ë
ë
Ë
ë
U+00CB
U+00EB
Ï
ï
Ï
ï
U+00CF
U+00EF
Ÿ
ÿ
Ÿ
ÿ
U+0178
U+00FF

Die klinker ÿ kom uit Nederland en word daar dikwels as "ij" getik. In Afrikaans word hierdie teken sonder die umlaut gebruik - byvoorbeeld die Afrikaanse woord "wys" kom vanuit die Nederlandse woord "wijs".

Deeltekens in Afrikaans[wysig | wysig bron]

Deeltekens is dikwels in Afrikaanse vergelykende byvoeglike naamwoorde gebruik maar omdat die ooreenstemmende Nederlandse anders gespel is, word deeltekens nie daar gebruik nie: byvoorbeeld die Afrikaanse woord hoër is "hoger" in Nederlands.

  • bakteriebakterieë
  • finansieel – finansiële
  • dieet – diëte
  • prieel – priële
  • hoog – hoër

Kyk ook[wysig | wysig bron]