Diane Ackerman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Diane Ackerman
Diane Ackerman.jpg
Gebore7 Oktober 1948 (1948-10-07) (72 jaar oud)
NasionaliteitAmerikaans
BeroepOuteur
Webwerfwww.dianeackerman.com

Diane Ackerman (gebore op 7 Oktober 1948 in Waukegan, Illinois, VSA) is ‘n Amerikaanse skrywer wie se werk dikwels haar belangstelling in die natuurwetenskappe reflekteer. Ackerman het onderrig by die Pennsilvanië Staatsuniversiteit (B.A., 1970) en Cornell Universiteit, Ithaca, New York (deelstaat) ontvang. (M.F.A., 1973; M.A., 1976; Ph.D., 1978). Van 1980 tot 1983 het sy Engels gegee by die Universiteit van Pittsburgh, Philadelphia. Van 1984 tot 1986 staan sy aan die hoof van ‘n skryfprogram en was sy skrywer-in-residensie by Washington-universiteit, St. Louis, Missouri. Sy was later ‘n bydraer tot die The New Yorker tydskrif (1988–94). Ackerman se fassinasie met die natuur en wetenskap word in baie van haar werk op die spits gedryf. Sy beskou aminosure en kwasars om net soveel as enigiets anders in die heelal binne die sfeer van poëtiese ondervinding te wees. Ackerman het ten eerste haar poësie in die bundel Poems (1973 gepubliseer (saam met Jody Bolz en Nancy Steele). In The Planets: A Cosmic Pastoral (1976), het sy gebruik gemaak van die tyd wat sy saam met ruimtewetenskaplikes spandeer het by Cornell, terwyl latere werke soos Jaguar of Sweet Laughter: New and Selected Poems (1991) verwysings na haar literêre invloede sowel as gedagtes op die natuurlike wêreld bevat. Ackerman het ook bygedra tot Beyond the Map (1995), wat vroulike eksplorasie vier, en gepubliseerde gedigte wat die positiewe en negatiewe aspekte van die menslike bestaan versoen in I Praise My Destroyer (1998). Die gedigte in Origami Bridges (2002) spruit voort uit haar tyd in psigoterapie. Ackerman het ‘n reeks van nege radio programme vir die Kanadese Uitsaaikorporasie onder die titel Ideas into the Universe (1975) geskryf en sy was ook ‘n bydraer tot Other Worlds (1975) deur Carl Sagan. Sy het ook Twilight of the Tenderfoot: A Western Memoir (1980) en die toneelstuk Reverse Thunder (1988) geskryf. Ackerman se memoir, On Extended Wings (1985) was in 1987 vir die verhoog aangepas. Latere boeke, insluitende A Natural History of the Senses (1990), A Natural History of Love (1994), en An Alchemy of Mind: The Marvel and Mystery of the Brain (2004), kombineer wetenskaplike en biografiese skryfwerk ten einde die verhouding tussen die sielkundige en serebrale wêrelde te verlig. The Moon by Whale Light, and Other Adventures Among Bats, Penguins, Crocodilians, and Whales (1991) is ‘n kroniek van sommige van Ackerman se onvergeetlike ekspedisies, terwyl Cultivating Delight (2002) die mikrokosmos van haar tuin ondersoek.

Ackerman, wat dikwels op die wetenskap en die natuur in haar skryfwerk fokus, beperk haarself egter nie slegs tot die onderwerpe nie. In 1997 het sy A Slender Thread: Rediscovering Hope at the Heart of Crisis geskryf, wat haar ondervindinge beskryf terwyl sy gewerk het as ‘n berader by ‘n selfmoordvoorkomings – en krisissentrum in Bo- New York staat. The Zookeeper's Wife (2007) is ‘n relaas van die ware verhaal van hoe die eienaars van ‘n dieretuin in Nazi-besette Warskou daarin geslaag het om honderde Jode weg te steek.[1]

Geselekteerde bibliografie[wysig | wysig bron]

The Great Affair
The great affair, the love affair with life,
is to live as variously as possible,
to groom one's curiosity like a high-spirited thoroughbred,
climb aboard, and gallop over the thick, sun-struck hills every day..

It began in mystery, and it will end in mystery,
but what a savage and beautiful country lies in between.[2][3]

Poësie[wysig | wysig bron]

  • The Planets: A Cosmic Pastoral (1976)
  • Wife of Light (1978)
  • Lady Faustus (1983)
  • Reverse Thunder (1988)
  • Jaguar of Sweet Laughter: New and Selected Poems (1991) ISBN 9780307763389
  • I Praise My Destroyer (1998) ISBN 9780307763372
  • Origami Bridges (2002)

Nie-fiksie[wysig | wysig bron]

Kinderboeke[wysig | wysig bron]

  • Monk Seal Hideaway (1995)
  • Bats: Shadows in the Night (1997)
  • Animal Sense (poetry), illustrated by Peter Sis. (2003) ISBN 9780375923845

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Ackerman, Diane." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.
  2. |source = — Diane Ackerman, "found poetry" from A Natural History of the Senses
  3. Ackerman, Diane (1990). A Natural History of the Senses. Vintage. p. 309. ISBN 0-679-73566-6.