Natuurwetenskap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Natuurwetenskappe ondersoek hoe die wêreld om ons werk. Dit bestaan uit vyf hooftake: Chemie (sentrum), Sterrekunde, Aardrykskunde, Fisika en Biologie (Kloksgewys van bo-links).

Natuurwetenskap word tradisioneel as die studie van die fisiese nie-lewende aspekte van die wêreld en die hemelruim om ons heen gedefinieer. As 'n groep kan die natuurwetenskappe onderskei word van teologie en die sosiale wetenskappe aan die een kant en van die kunste en die geesteswetenskappe aan die ander kant.

Wiskunde is opsigself nie 'n natuurwetenskap nie maar verskaf baie van die kernmetodes van die ander wetenskappe. Natuurwetenskap poog oor die algemeen om die werkinge van die wêreld deur middel van natuurlike prosesse eerder as deur goddelike ingryping te verklaar. Die term natuurwetenskap word ook gebruik om wetenskap as 'n vak te identifiseer wat die wetenskaplike metode gebruik.

Natuurwetenskappe as term word egter deesdae ook gebruik om te verwys na die begrip wat nader aan die alledaagse betekenis van die term is naamlik die kennis van die natuur en kan dus 'n vak soos biologie insluit.

Natuurwetenskappe[wysig]

Toegepaste wetenskappe en ingenieurswese[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Natuurwetenskap (kategorie)